TV Plus (Afrikaans)

Tyd om te kies

Sphe moet besluit: haar man of haar swaer.

-

Mazwi (Musa Ngema) was die afgelope week ná sy terugkeer in ’n boelieluim en op Woensdag 5 Desember stel hy sy eise: Hy wil sy vrou Sphe (Pearl Monama) en sy werk by die familiebes­igheid Ezweni terughê. “Ná hy baie daaroor nagedink het, is hy gereed om Sphe te vergewe dat sy ’n baba by sy broer Smanga (Moopi Mothibeli) gehad het – dit was immers waarop die raadgewers aangedring het.” Dit gaan baie harde werk van die sakeman verg, want Smanga staan weer in sy pad, verduideli­k Pearl.

“Toe Mazwi sy vrou en ‘hul’ kind Rorisang (Dithoriso Mosaka) in Augustus verlaat, het hy haar gewaarsku om hom nie te kontak nie.” Maar terwyl Mazwi weg was, het Sphe nader aan Smanga gekom ná hy meer belangstel­ling in sy dogter getoon het. “Sphe is verward. Sy het ’n band met Smanga gevorm, maar Mazwi is steeds haar eggenoot,” voeg Pearl by.

VAN DIE GEBAANDE WEG

Hoekom het Mazwi skielik tot ander insigte gekom? “Hy het besef sy vrou was die slagoffer,” sê Musa. “Hy kon haar nie in die oë kyk oor die affair nie, maar het later besef Sphe het geen keuse gehad nie. [Mazwi se sterilitei­t het die raadgewers genoop om aan te dring op ’n erfgenaam op die enigste ander manier moontlik].” Hy soen Sphe op haar mond op Woensdag 5 Desember. Musa sê dit is deel van Mazwi se plan: “Hy wil alles moontlik doen om Sphe aan sy kant te kry. En dit sou dalk werk as Sphe nie aan Smanga dink nie.”

Smanga het die regte dinge gedoen terwyl sy broer weg was, en het van oom Smanga pappa Smanga geword om te help sorg vir Rorisang, by wie serebrale gestremdhe­id vroeg in November gediagnose­er is. “Anders as Mazwi het Smanga Sphe en Rori voor sy behoeftes gestel.”

VERRASSING!

Niemand is meer geskok deur Sphe se besluit op Maandag 10 Desember as sy self nie. “Smanga is verpletter omdat sy Mazwi bo hom gekies het ná alles wat hy vir hulle gedoen het, maar hy praat nie met Sphe daaroor nie,” sê Pearl. Sy sê sy het haar man gekies, want hulle is langer saam en hy ken haar baie goed. “Sy weet waarvan hy hou en wat hom gelukkig maak. Sy glo veral sy is dit aan Mazwi verskuldig omdat sy vir hom gelieg het oor Rori se vaderskap.”

Tog gaan Smanga nie opgee nie. Voorlopig maak hy of hy glimlag, “maar aan die binnekant is hy woedend”, onthul Pearl. “Daar is niks wat hy nou kan doen nie, want Sphe het gekies. As hy aanhou om die mens te wees wat hy is, sal Mazwi moontlik weer ’n gemors van dinge maak.”

 ??  ?? Sphe is bly dat haar man terug is.
Sphe is bly dat haar man terug is.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa