SABC1 Weekdae 20:00
Weekdae SABC1 08:30 Saterdae SABC1 11:00
VERLEDE KEER
Grace wou uit die beheersugtige Wandile se woonstel trek het voordat sy kraam, en Smanga het sy skoonsus Sphe gesoen toe hy besef het wat Mazwi se rede vir sy tuiskoms is. Gog’Flo se gesondheid het agteruit gegaan, en neef Crazy J het by die Moroka-huis ingetrek.
5 – 7 DESEMBER
Gadaffi moet op sy voete dink wanneer die polisie belangstelling toon in sy onwettige transaksies en sy bendeleefstyl, en Lucy se kuiertjie met ’n ou vriend kom tot ’n skielike einde. Lesedi is ontsteld wanneer Lerato vir haar sê sy gaan padgee, en Pele, wat onder die dekmantel werk, bieg dat hy met polisiebewyse gepeuter het al kan dit hom sy werk kos. Tshidi sien deur Smanga se leuens, en Cosmo kan in die tronk beland saam met sy bendebaas Gadaffi.
10 – 14 DESEMBER
Mazwi onthul sy onsekerhede om sy huwelik met Sphe te red, en Gadaffi smeek sy swaer Tau om hom uit die moeilikheid te help. Die rouende Jack word geteister deur sy vermoorde stiefseun Fana, en Lesedi is in die wolke wanneer Lerato van besluit verander. Jack het niemand om hom tydens sy krisis te ondersteun nie, en Tshidi saai onmin onder die Ezweni-werkers. Smanga dank sy onverantwoordelike neef Crazy J af, Grace beplan haar ontsnapplan, en Gadaffi word deur ’n misterieuse buitelandse belegger genader.
17 – 18 DESEMBER
Lucy se liefdadigheidsgeleentheid is ’n sukses, en Mazwi werk op Smanga se senuwees. Tshidi bied aan om Ezweni van finansiële ondergang te red in ruil vir besigheidsaandele.