TV Plus (Afrikaans)

SABC3 Weekdae 17:30

-

Weekdae SABC3 10:00 Saterdae SABC3 09:30 • Bold word op 5, 7 en 12 Desember vervang deur krieketuit­sendings.

VERLEDE KEER

Eric het Sheila uitgeskop omdat sy Mateo omgekoop het om by Quinn te slaap, en Liam en Sally het protes aangeteken toe hulle uitvind Bill gaan voort met sy slopingspl­an.

6 DESEMBER

Steffy is ontstig wanneer sy uitvind haar man Liam is aan Sally se kant, en Bill sê vir sy skoondogte­r Steffy hy is besig om ontslae te raak van die Spectras. Intussen besef Liam die Spectra-gebou se fondamente is vol plofstof.

10 – 14 DESEMBER

Bill beveel Liam om die protes stop te sit, en Wyatt probeer ook sin in Liam en Bill se koppe praat voor iemand seerkry. Die slopingspa­n maak reg om die Spectra-gebou op te blaas onwetend daar is nog mense binne, en Bill is bekommerd wanneer hy hoor Liam en Steffy is nog in die gebou. Intussen soen Sally en Liam wanneer hulle dink hulle is op die randjie van die dood.

17 – 18 DESEMBER

Bill en die reddingspa­n bevry Sally en Liam, en Steffy verloor haar humeur met Bill omdat hy Liam byna vermoor het. Liam dink aan sy soen met Sally, en Wyatt besoek Bill en verseker hom hy sal Bill altyd ondersteun en beskerm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa