TV Plus (Afrikaans)

Salem in rou

Will Horton is dood en agter die skerms is die spelers ontstig oor die grusame storiewend­ing.

-

Kykers in die VSA het Will se geboorte op 16 November 1995 op die kassie gesien, maar op sy grafsteen word dit as 16 November 1992 aangedui.

Op Dinsdag 4 Desember slaan die dasmoorden­aar Ben (Robert Scott Wilson) die arme Will (Guy Wilson) bewusteloo­s, verwurg hom tot hy dood is, stop hom in ’n wasgoedsak en sleep hom terug na sy woonstel. Wat ’n grusame manier om te sterf! Will was nie net ’n Salem-baba wat die afgelope 20 jaar sedert sy geboorte deel van die Days-storielyn was nie, hy was ook ’n deurbraakk­arakter vir die LGBTQgemee­nskap (lesbies, gay, biseksueel, transgende­r en queer). Die sepie het sy uit- die-kas-kom uiters sensitief hanteer en sy eerste soen en troue was ’n hoogtepunt. Maar nou is hy dood, en dit was ’n groot skok vir die spelers. “Dit was moeilik om na Will se moord op skerm te kyk. Ons was verlam en het stip na die skerm in die grimeerkam­er gestaar. Toe ons dit sien het ons die verskrikli­ke hartseer van die tonele se verfilming herleef,” sê Deidre Hall, wat Will se ouma en vertroueli­ng Marlena speel. En die span se toneelspel in die aanloop tot Will se begrafnis op Woensdag 12 Desember sal jou ook na snesies laat gryp.

TRANE GEWAARBORG

Will se man Sonny (Freddie Smith) pak op Woensdag 5 Desember sy tasse in Parys om huis toe te vlieg en met Will versoen te raak ná hy ’n emosionele stemboodsk­ap van Will kry. Maar sy hoop word verpletter wanneer sy oupa Victor (John Aniston) hom bel met ’n stem vol ingehoue trane en Freddie van Will se dood vertel. Sonny se hart breek wanneer hy besef hy sal Will nou nooit kan sê hoe hy voel en dat hy hom vergewe nie. In nog ’n hartverske­urende toneel, gaan ken Will se ouers, Sami (Alison Sweeney) en Lucas (Bryan Dattilo – wat van sy beste toneelspel hier lewer), Will se lyk uit op Donderdag 6 Desember. Lucas kan nie sy trane keer nie, maar die werklikhei­d tref Sami eers wanneer sy die volgende dag na Will se woonstel gaan en die leegheid haar oorweldig. Sonny beleef dieselfde emosies wanneer hy op Maandag 10 Desember in Will se woonstel is en besef hy staan op die plek waar sy geliefde sy laaste asem uitgeblaas het.

BEGRAFNISW­OORDE

Dis ’n gesnik wanneer familie en vriende op Woensdag 12 Desember vir die begrafnis vergader, onbewus daarvan dat Will se moordenaar in hul midde is. Daar is hartsmelt-oomblikke, soos wanneer Sami na die rouklaers kyk en uitreik na Hope (Kristian Alfonso), Marlena en Abe (James Reynolds), wat ook kinders verloor het en haar verlies verstaan.

Van die spesiale rouwoorde wat begrafnisg­angers gesê het . . .

Marlena: “Toe Will besluit het om uit die

kas te klim, was dit vir hom angswekken­d, al moet dit nie meer in vandag se samelewing so wees nie. Ek kon sien hoe maak hy vrede met die man wat hy is. Ek het gesien hoe hy geluk vind. Hoe hy liefde vind. Ek’s onbeskryfl­ik trots op sy moed en deursettin­gsvermoë.”

Sami: “Ek noem hom ’n wonderwerk want hy was oukei. Ek kan nie die eer vat vir hoe slim hy was nie, hoe snaaks en grootharti­g en talentvol hy was nie. Te veel mense wat vandag hier sit, weet hoe dit voel om ’n kind te verloor. Daar is ’n gat in my hart wat nooit gevul sal word nie.”

Sonny: “Die laaste keer dat ek sy stem gehoor het, het hy gesê hy wil dinge regmaak en ek sou enigiets doen om hom daardie kans te gee. ’n Deel van my hart word vandag saam met Will begrawe. Jy weet hoe mense sê jy moenie kwaad bed toe gaan nie? Wel, kyk na my en weet hoekom jy dit nie moet doen nie.”

DIE FAMILIE SÊ HUL SÊ

Will se dood sou eers permanent gewees het (die karakter is teruggeskr­yf in die storie twee jaar ná sy dood), al kon Days se skrywers hom eenvoudig Parys toe gestuur het om saam met Sonny te leef. Will was dalk die afgelope ruk deurmekaar, maar hy was nooit vervelend nie, wat tog eintlik die enigste doodsonde in ’n sepie is. Dus was die spelers sowel as kykers verbaas oor die destydse hoofskrywe­r Josh Griffith se keuse om Will te laat sterf.

Alison het destyds gesê: “Doodeerlik? Ek was kwaad en het verraai gevoel. Daar was ander maniere hoe hulle dit kon hanteer. Dit breek my hart dat Will dood is. Daar was al baie storielyne waarmee ek nie saamgestem het nie, maar ek het altyd die doel daarvan verstaan. Maar ek stem nie saam met dié storielyn nie en ek verstaan nie hoekom hulle dit gedoen het nie.”

Bryan het bygevoeg: “Ek was ontsteld. Ek het dit nie verstaan nie, ek voel verraai.” En Freddie het gesê dit “was meer ’n skok as enigiets anders en dis die laaste ding wat ek wou gehad het. Ek was verstom dat dit die roete is wat hulle gekies het vir ’n karakter wat vir ewig op die skerm was.”

Selfs die voormalige Days-skrywer Kola Boof (wat die karakter EJ DiMera, gespeel deur James Scott, geskep het) het gesê: “Ek dink die moord van Will Horton is een van die grootste en domste foute in Days se geskiedeni­s. Op verskeie vlakke.”

 ??  ?? Salem trek saam om te rou oor Will Horton.
Salem trek saam om te rou oor Will Horton.
 ??  ?? Die dasmoorden­aar Ben het Will vermoor.
Die dasmoorden­aar Ben het Will vermoor.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Sami en Lucas groet hul seun ’n laaste keer.
Sami en Lucas groet hul seun ’n laaste keer.
 ??  ?? Andre DiMera daag ongenooid by Will se lykwaak op en kondig aan hy is Stefano se biologiese seun. Will is dalk dood, maar Salem se drama leef voort!
Andre DiMera daag ongenooid by Will se lykwaak op en kondig aan hy is Stefano se biologiese seun. Will is dalk dood, maar Salem se drama leef voort!
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa