TV Plus (Afrikaans)

kykNET & kie Ma. – Wo. 20:00

-

Di. – Do. kykNET & kie 11:00 Sondae kykNET & kie 16:00

VERLEDE KEER

Beatrice het David weer vir ’n egskeiding gedagvaar, Lee-Roy en Wesley het gevoelens vir mekaar ontwikkel, David is vermoor, en Wendy het Debra aangepor om moeilikhei­d te maak.

5 DESEMBER

David se begrafnis seremonie word onderbreek wanneer sy pa, Ruiter, opdaag, en dit veroorsaak chaos onder die familie en vriende wat hom nie daar wil hê nie, en Beatrice sak inmekaar wanneer haar emosies die oorhand kry.

10 – 12 DESEMBER

Beatrice, wat met ernstige depressie sukkel, besluit om haar nuwe liefdesver­houding geheim te hou, en Vernon is onseker oor wat hy met die vuurwapen moet doen. Aunty Gertie vind met ’n skok uit Christophe­r was die aand van die skietvoorv­al by die skool, en Lionel besef hy is in groot moeilikhei­d. Wesley en Lee-Roy bevind hulle in ’n ongemaklik­e situasie, die matriek fonds insameling­sveldtog verloop nie volgens plan nie, en Ilke se verhouding met haar ouma versleg by die dag. Vernon is bekommerd oor die probleme wat nou in sy lewe opduik en probeer iets daaraan doen, maar hy bevind hom in ’n gevaarlike situasie.

17 – 18 DESEMBER

Samantha vat haar ma, Beatrice, aan oor al haar geheime, en Lionel bied aan om by ’n fondsinsam­eling opgeveil te word, maar dit veroorsaak ’n bakleiery tussen Ronel en Janice wat teen mekaar bie om hom vir ete uit te neem. Beatrice het slegte nuus vir Christophe­r, Melanie en Chantel raak in ’n lelike bakleiery betrokke, en Samantha besluit om te trek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa