TV Plus (Afrikaans)

FOXlife Weekdae 19:20

-

Weekdae 23:10 & 14:10 Saterdae 14:15 Sondae 01:30

VERLEDE KEER

Zühre en Seyit het in Zekkar se strik getrap, en Fikret het Zekkar herinner wie die baas is. Ali en Zekkar se verhouding het verbrokkel, Seyit het hulp gaan soek in Ürgüp, en Zühre het daar in die moeilikhei­d beland.

5 – 7 DESEMBER

Fikret Karakaya bult sy spiere as die invloedryk­ste man in Kappadosië in sy poging om die mooie Zühre terug te wen. Later laat Fikret Zühre ontvoer wanneer sy sy attensies weer weier, maar sy ontsnap van haar ontvoerder en vlug na Seyit se winkel. Seyit se winkel word aan die brand gesteek, maar hy red Zühre wat steeds binne was. Seyit probeer die feit verwerk dat sy familie dakloos is en besef hy het van die verkeerde mense vyande gemaak.

10 – 14 DESEMBER

Seyit en sy familie se planne om te trek word gestuit wanneer Zekkar se manne hulle oorval en skote klap. Seyit besef nie hy loop in ’n lokval in wanneer hy instem om Zekkar te ontmoet nie, en Fikret gee sy handlanger Zekkar ’n lesing oor wat dit beteken om besigheid te doen sonder Fikret se toestemmin­g. Seyit en Zühre slaan op vlug, maar hulle kan nêrens skuil teen Fikret en sy manne nie. Later bederf ’n ongenooide gas Fikret se ete met Zühre, Ibrahim stel Cevahir weer teleur, en Seyit besef nie in hoeveel gevaar hy is nie.

17 – 18 DESEMBER

Fikret is ontstoke dat Zühre die vermetelhe­id het om sy oproepe te ignoreer en hy haal sy frustrasie op een van sy werknemers uit. Daar is ’n sluipmoord­poging op Seyit. Zühre probeer Seyit red deur hom te los, maar Seyit gaan soek na haar wanneer hy die volgende oggend wakker word. Seyit probeer kontak maak met Rüveyda om Zühre te vind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa