TV Plus (Afrikaans)

Telemundo Weekdae 23:00

-

VERLEDE KEER

Tijeras het Marcado afgepers om vir hom te werk, en Isabel het uitgevind sy verwag ’n tweeling. Irma het Aurelio van verraad beskuldig, en Rutila het Ernesto se briewe gelees.

5 – 7 DESEMBER

Aurelio is briesend wanneer Victor sy aanbod om by die besigheid aan te sluit van die hand wys, en Isabel wantrou Cristina. Isabel vra haar polisienee­f om ondersoek na Cristina in te stel, en Aurelio smeek sy familie om hom te vergewe vir wat met Chacorta gebeur het en beloof hy sal die moord wreek. Aurelio en Irma se bakleiery eindig tragies.

10 – 14 DESEMBER

Leo spring in die bed met ’n vreemdelin­g, en Chema beveel Andrews om Ernesto dood te maak. Monica waarsku Chema om weg te bly van haar seun, en Victor doen nog ’n aanbod aan Aurelio. Feyo is agterdogti­g oor Aurelio, Garnica probeer Leo intimideer, en Rivero is briesend wanneer Cristina hom by Isabel se begrafnis nader en op ’n onderhoud aandring. Ernesto hoor hy is die pa van Rutila se baba, Monica se seun word ontvoer, en Rutila jok vir Ernesto oor sy verhouding met Chema.

17 – 18 DESEMBER

Omar bely sy liefde aan Leonor en vra haar om sy meisie te wees, en El Toro word aangesê om Ernesto in die tronk te vermoor. Leonor glo Tim nie wanneer hy sê hulle is op dieselfde bladsy nie, en Aurelio sê vir Feyo hy wil sy ondernemin­g koop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa