TV Plus (Afrikaans)

Mzansi Weekdae 21:00

-

VERLEDE KEER

Die dwelmkonin­gin Harriet lê haar planne teen haar mededinger Diamond uit, Kagiso sukkel om van sy eks-meisie Kamina te vergeet, en Goodness wou van haar ma Gracious se katelknaap-minnaar Schumacher ontslae raak.

5 – 7 DESEMBER

Die Khozas sit hul verskille en binnegeveg­te eenkant om Diamond op te spoor en te straf omdat hy Kagiso se verhouding met Kamina verongeluk en hul lewens in gevaar gestel het. Gracious baklei om haar verhouding te red, en ’ n vreemdelin­g kruip uit die skadu’s tot in die Khoza-binnekring. Gracious kom by die wese van haar kwessies met Schumacher uit, en Harriet kry wat nodig is om Diamond te vernietig.

10 – 14 DESEMBER

Martha help Goodness om van Schumacher ontslae te raak en van Gracious se geld weg te kry, en die homofobies­e Brutus gee sy seun Bheki toestemmin­g om Prince te date. Gracious mis Schumacher se geselskap meer as wat sy besef, en Brutus gryp in om Bheki te red voordat hy moeilikhei­d kry. Schumacher trotseer Gracious se beheersugt­ige familie om sy liefde te bely, en Diamond kan nêrens wegkruip nie wanneer die Khoza-broers, Kagiso en Shaka, hom opspoor.

17 – 18 DESEMBER

Vuyiswa en Zack besluit om hul verhouding aan hul kollegas te openbaar, en Diamond ontsnap na veiligheid. Zack voel later verplig om sy romanse te beëindig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa