TV Plus (Afrikaans)

Tuis voor die kamera

Die sangeres Sasha-Lee geniet haar nuwe werk.

-

Pasella Seisoen 27 Woensdae SABC2 (*192) 19:30

Sasha-Lee (28), die 2009-Idols SAmedewenn­er, het reeds as dogtertjie van ’n sangloopba­an en TVaanbiedi­ng gedroom. “Maar hoe ouer ek geword het, hoe meer het ek getwyfel of ek die selfvertro­ue het om voor ’n kamera te staan en onderhoude met mense te voer,” bieg die boorling van Atlantis in die Wes-Kaap. Toe sy in Augustus vanjaar hoor Pasella soek drie nuwe aanbieders, het sy tog besluit om die kans te waag. “Die oudisies het in September plaasgevin­d en ek het reeds beplan om in daardie maand Amerika toe te gaan waar ek saam met die Amerikaans­e sanger Jamie Jones van die groep All 4 One (bekend vir hul liedjie I Swear in 2005), ’n nuwe liedjie, Africa Rise, sou opneem. My moed het eers in my skoene gesak, maar Pasella het ingestem dat ek videogrepe vir my oudisie instuur – en daar kry ek toe die werk! En ek kon die liedjie opneem.” Benewens Sasha is die ander twee nuwe aanbieders die aktrise Amalia Uys (34) en die 32-jarige kletsrymer Rumarcques Gelderbloe­m.

SENUWEE PLA

Sasha-Lee, wat weens die omstrede stemmery-glips in 2009 saam met die sanger Jason Hartman as medewenner van Idols aangewys is, is al byna ’n dekade gewoond aan die kollig en om voor ’n gehoor op te tree. “Min mense weet ek is eintlik skugter. Die eerste opname wat ek vir Pasella moes doen, was senutergen­d. Gelukkig moes ek ’n onderhoud met die sangeres Paxton (episode 3, 31 Oktober), verlede jaar se SA Idolswenne­r, voer. Ons ken mekaar goed en dit het gehelp om my senuwees te kalmeer. Die produksies­pan het my ook op my gemak laat voel,” vertel Sasha-Lee.

Sy kyk Pasella al jare lank en hou van die aanbieders se styl. “Die aanbieders kom natuurlik en spontaan oor en ek probeer dieselfde doen.”

Sy het reeds ’n paar inspireren­de onderhoude vir die nuwe seisoen agter die rug, en as sy een moet uitsonder sal dit haar insetsel met die sangeres Tarryn Lamb (Mal Oor Jou, 2018) in episode 4 (7 November) wees. “Tarryn is so plat op die aarde en ons het met ’n trein na Matjiesfon­tein gery – dit was groot pret. Dis heerlik om nuwe plekke te ontdek. Ons het ook in Namibië verskeie episodes (11, 16, 18 en 19) verfilm. Dit was my eerste besoek aan Keetmansho­op.”

FAMILIEVAS

Hoewel sy uit ’n groot gesin kom – sy is die sewende oudste van tien kinders – sê Sasha-Lee daar was nooit so iets soos sibbe-nydigheid of afguns nie. “Ons almal ondersteun mekaar in die nastreef van elkeen se drome. Al ons kinders sowel as my pa, John, en ma, Sally, is musikaal. Ek is die enigste een van ons kinders wat musiek as ’n loopbaan gekies het, maar nie een van my broers en susters is jaloers nie,” vertel die enkelloper wat graag haar eie liedjies skryf.

Die Davidse, wat met ’n eie realiteits­reeks, Huis Van Davids (kykNET, 2011), spog, is familievas en woon almal in die Wes-Kaap. “My pa is ’n pastoor en Sondae gaan die meeste van ons saam kerk toe en kom daarna bymekaar. Ek’s mal oor braai en wanneer ek en van my susters of broers saam kuier, steek ons graag ’n vleisbraai­vuur aan.” Hulle het ook hul eie WhatsAppfa­miliegroep. “As ek iemand soek vir ’n vleisbraai, stuur ek ’n boodskap na my sewe susters en twee broers en een van hulle of ’n paar is gewoonlik beskikbaar – dis die lekkerte om lid van so ’n groot gesin te wees.”

Sy wissel haar konserte, wat meesal in die Wes-Kaap of Namibië plaasvind, af met haar nuwe TV-werk. “Die meeste Pasella-opnames word bedags gedoen en ek tree saans op.”

En is daar nog ander drome wat sy wil verwesenli­k? “Ek sal graag meer wil reis en my musiek aan mense dwarsoor die wêreld wil bekendstel.”

 ??  ?? Sasha-Lee se droom as TVaanbiede­r het waar geword.
Sasha-Lee se droom as TVaanbiede­r het waar geword.
 ??  ?? Die sangeres Tarryn Lamb (voor), Sasha-Lee en Tarryn se suster Tatum verken Matjiesfon­tein.
Die sangeres Tarryn Lamb (voor), Sasha-Lee en Tarryn se suster Tatum verken Matjiesfon­tein.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa