TV Plus (Afrikaans)

Vissersdro­om

As jy lyn natmaak in ouderwetse TV-programme kan jy dalk net ’n juweel soos Treknet inkatrol.

-

Treknet Seisoen 1 Maandag SABC2 (*192) 19:00 (begin 10 Desember)

Die TV-komedieree­ks Treknet het in 2013 dalk net een seisoen op kykNET gekry, maar die strokiespr­entreeks uit die pen van Dave Gomersall en kunstenaar

Gavin Thomson is al in 2005 in byvoorbeel­d die koerant Cape Times geplaas. Nou is

Boet (Jody Abrahams) en John (gespeel deur die reeks se skrywer, Leon Kruger) terug op Maandagaan­de op SABC2, kompleet met hul klein vissersboo­t Bokkom. En omdat dinge net 'n tikkie meer glansryk is op TV, is John die langeraad en Boet die duimpie (anders as in die strokiespr­ent). Dis nie die enigste veranderin­g nie, sê Gavin. “Sannie het verander van die viswyf wat ons in ons geestesoog gehad het, tot die karakter soos gespeel deur Erica Wessels. Daar is vir ons reguit gesê: ‘Julle moet eenvoudig 'n mooi meisie in 'n TV-reeks hê.'” En om dit verder in te kleur ontmoet ons ook die nuuskierig­e buurman mnr.

Williams (Ivan Abrahams) se vrou mev. Williams (June van Merch), wie se karakters spesiaal vir die TV by Treknet gevoeg is.

DIE OU HUIS

Treknet se binneskote is geskiet in die klein hutjies by die Ottery Jeugsentru­m, wat omgetower is om soos outentieke vissershui­sies te lyk. “In die storie trek hulle Kalkbaai toe. Ons huis is 'n bietjie gestileer want dis 'n strokiespr­ent, en dit is 'n bietjie geromantis­eer, maar verder het ons probeer om dit te hou soos 'n vissershui­s werklik sal lyk terwyl ons steeds 'n strokiespr­ent- element daaraan verleen,” sê Treknet se kunsregiss­eur, Bert Heynike. “Om 'n huis in 'n visserdorp­ie in te kleur is nie te moeilik nie. Ons gebruik lewensredd­ingsboeie, ankers en visnette.” Maar mnr. Williams se huis lyk ietwat anders. “Hy is net 'n vreemde mens. Hy het elke dag 'n ander stokperdji­e,” sê Bert. “Hy tel oral ditjies en datjies op. Niks pas regtig by mekaar of by die huis nie, maar uiteindeli­k vorm dit tog 'n geheel.” Gavin was beïndruk met hoe akkuraat die program mnr. Williams se huis vasgevang het, al was die hele huis nie deel van die strokiespr­ent nie. “Wanneer ek TV's en radio's teken, skets ek altyd iets wat effens vreemd lyk. En dinge soos die bank in sy huis is in die perfekte vorm wat ek dit sou teken,” sê hy ingenome.

ALMAL AAN BOORD

Treknet se boottonele is in Kalkbaai en Kommetjie in die middel van Desember geskiet. Die span en spelers kon in die hawe se water plas wanneer die son te hard gebak het. Jody en Leon was so lank op see om tonele te skiet, hulle het begin om regtig self vis te vang. Gelukkig het die kamera gerol toe Leon 'n haai vang. “Hulle gaan dit deel van die program maak,” sê Dave. “En natuurlik is die strokiespr­ent so warm en ‘groen' (omgewingsv­riendelik), dat hy net die haai soen en dan weer in die see vrylaat.”

 ??  ?? Boet (links) en John (regs) behoort mnr. Williams se versamelin­g gesteelde sertifikat­e deegliker te bekyk.
Boet (links) en John (regs) behoort mnr. Williams se versamelin­g gesteelde sertifikat­e deegliker te bekyk.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa