TV Plus (Afrikaans)

The Americans

-

Seisoen 6 M-Net (*101) 21:00 Drama

Liz en Phil Jennings (Keri Russell en Matthew Rhys) neem hul dubbele lewe op twee verskillen­de roetes in die laaste seisoen van die Koue Oorlog-spioenasie­reeks The Americans (2013-2018). “Hulle stem nie saam nie,” verduideli­k Keri. “Phillip werk as reisagent en is nie meer ’n spioen nie, maar Liz verrig ekstra werk vir die KGB.”

Die getroude paar (Keri en Matthew date ook al sedert 2013) moet dit wegsteek dat hulle Russiese spioene is, maar dit het sy tol geëis, wat volgens Matthew duidelik in seisoen 6 gesien kan word. “Hulle het uitmekaarg­edryf. Hulle is nie meer wie hulle was toe die reeks [sewe jaar gelede, in 1981] begin het nie. Dis ’n metafoor vir die werklike lewe, hoe die tyd jou as mens verander.” Selfs hul huwelik ly, met Phil en Liz wat oor klein dingetjies na mekaar hap omdat hulle steeds geheime wegsteek.

Veranderin­g beïnvloed meer as net verhouding­s, sê Keri. “Hul sending het verander. Die skrywers het ons storielyne op die werklike lewe gebaseer, en hoe dit in die 1980’s verander het. Soos Ronald Reagan wat Mikhail Gorbatjsof op VSA-bodem ontmoet – Liz en Phillip sou hulle dit nooit kon indink nie toe hulle na die VSA gekom het. Dit raak hul geheime en selfs hul gesin.”

Die student Paige (Holly Taylor) word in die geheim as ’n Sowjetspio­en opgelei, maar kan haar besluit heroorweeg wanneer sy by haar teiken moet slaap. En die jong yshokkiesp­eler

Henry (Keidrich Sellati) se lewe rafel in die laaste episode (6 Feb.) uit wanneer hy uitvind wie sy ouers regtig is.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa