TV Plus (Afrikaans)

MasterChef Aust.

-

Seisoen 10 M-Net (*101) 18:00 Realiteit

George Calombaris is die kortste van die drie beoordelaa­rs in die realiteits­reeks MasterChef Australia (2009-nou) maar “ek het beslis die grootste persoonlik­heid – en eetlus”, sê die 40-jarige, wat goed bekend is met kookkompet­isies. Hy het ’n studiebeur­s van die bekende beroepskol­lege Box Hill Institute in Melbourne gewen en het aan die invloedryk­e Bocuse d’Or-kookkuns- grand prix in Frankryk deelgeneem toe hy net 23 was.

Hy is van gemengde afkoms 1 (Grieks, Cipries en Italiaans) maar konsentree­r op sy Griekse bloed as dit by werk kom – al sy restaurant­e is Grieks en die meeste van sy kookboeke is deur Griekse kos geïnspiree­r. George is in 2004 deur die Global 2 Food & Wine-tydskrif aangewys as een van die top- 40 invloedryk­ste sjefs ter wêreld. Hy het binne vier jaar restaurant­e 3 oral in die wêreld oopgemaak met sy spesialite­it- eetplek The Press Club in Melbourne en The Belvedere Club in Mykonos, Griekeland, eerste. Nie al sy restaurant­e is goed ont4 vang nie. Die Hellenic Republic in Melbourne was op Moedersdag in 2014 voorbladnu­us nadat 90 gaste siek geword het met braking, diarree en maagkrampe. George is aangekla toe die gesondheid­sdeparteme­nt vasgestel het ’n personeell­id het die restaurant met die winterbrak­ingsvirus besmet. 5 George het die koerant ook persoonlik gehaal. Hy was in Mei 2017 in die hof weens aanranding op ’n man wat hom getart het omdat hy nie sy personeel betaal nie. Hy is met Aus$1 000 (R10 000) beboet. Sy appèl het geslaag maar ’n borgskap van $300 000 (R3 miljoen) is beëindig.

 ??  ?? George (links) met sy medebeoord­elaars Matt Preston (middel) en Gary Mehigan.
George (links) met sy medebeoord­elaars Matt Preston (middel) en Gary Mehigan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa