TV Plus (Afrikaans)

The Amazing Race

-

Seisoen 27 SABC3 (*193) 19:30 Realiteit

’n Realiteits­reeks verg baie werk, dink net hoeveel voorbereid­ing gedoen word vir die reeks The Amazing Race (2001-nou) wat die wêreld vol reis. “Dit duur maande om elke reeks te beplan,” sê die aanbieder, Phil Keoghan. “Dis nie net om ’n plek te kry waar ons nog nie was nie; daar moet ’n rede wees waarom die spanne soontoe gaan en die uitdagings moet hul vermoëns toets. Dit is wat dit merkwaardi­g maak – ná 27 seisoene het ons nog skaars die oppervlak geskraap.”

Die deelnemers moet meer as 100 1 reëls nakom, soos om nooit meer as 6 m van mekaar af te wees nie. Dis bloot om hulle albei in die kameraskoo­t te kry . Wanneer die spanne na die 2 lughawe jaag, koop hulle nie net hul eie kaartjies nie – hulle moet twee vir hul kameraspan ook koop. Deelnemers het Phil al by die 3 rusplekke geklop weens sy eie swak beplanning. “Ons het op die aanloopbaa­n gesit en wag. Ek moes na die mat hardloop soos wat die deelnemers van die ander kant af aangehardl­oop het,” sê Phil. Die produksies­pan skep vals 4 mediaverkl­arings omdat obsessiewe fans al verfilming in ’n paar seisoene belemmer het. Die kameraspan­ne sê hulle werk aan reis- dokkies as hulle oor hul werk uitgevra word. Die uitdagings word vier maande 5 voor verfilming by die CBS-ateljee getoets en opgestel twee dae voor die deelnemers aankom. Die spanne kry satelliet-fone ná 6 ’n “voorval” in seisoen 1 – een van die spanne het nie dataswerwi­ng aangeskake­l nie en ’n eis van $50 000 (R710 000) vir ’n selfoon ingedien.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa