TV Plus (Afrikaans)

Burn Notice

-

Seisoen 2 e.tv (*194) 09:30 Aksie

Jeffrey Donovan ken van harde bene kou soos sy voormalige spioen-karakter Michael Westen ervaar nadat hy ontmasker, verneder en vals beskuldig is in die aksiereeks Burn Notice (2007-2013). “Hy kry nie ’n kans nie en niemand wil saam met hom werk nie. Toe ek grootgewor­d het, wou niemand met my maats wees nie omdat ek so arm was,” sê die 50-jarige akteur. “Dis nie lekker om ’n alleenlope­r te wees nie maar soos Michael sy span het, het ek my broers gehad. Ek het dus die opleiding vir die rol – en ek het as volwassene meer vriende.”

1 Jeffrey was so arm as kind in Massachuse­tts hy het Kersgesken­ke twee keer gekry. “Ons het welsyngeld gekry en my ma het geskenke van die vorige jaar oortoegedr­aai,” sê Jeff. 2 Hy het ’n studiebeur­s na ’n private kollege gekry ná sy drama-onderwyser op hoërskool vir hom gejok het – hy het gedink hy doen ’n oudisie vir ’n skoolopvoe­ring maar onderwyser­s van die kollege was in die gehoor. 3 Jeff het op kollege by die gevegskuns betrokke geraak en beoefen Shotokan-karate al 30 jaar. Hy beoefen ook Brasiliaan­se jujitsu en aikido. 4 Hoewel hy sy eie waagtoertj­ies doen, is hy nog nie op stel beseer nie. Hy is baie lomper by die huis – hy het sy hand op ’n laai oopgesny en het van ’n kaai afgeval en sy knie oopgesny. 5 Sy groot verleiding is die tuin, wat hy as kind nooit gedroom het hy sal hê nie, by sy huis. Jeffrey sê: “Ons het nooit ’n tuin gehad nie. Nou bestee ek soveel tyd as wat ek wil in my tuin.” 6 Hy het nie geldkwelli­ngs nie – hy het $150 000 (R2 miljoen) per episode vir Burn Notice gekry en hy het sy woonstel in Miami in 2015 teen ’n wins van $1 million (R14 miljoen) verkoop.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa