TV Plus (Afrikaans)

Reynardt Hugo

Wat gaan in jou gunsteling­akteur se kop aan?

-

Ons volg al tien jaar lank die lief en leed van die aantreklik­e dr. Tertius Jonker (Reynardt Hugo) in Binnelande­rs. Hy is ’n lojale kollega, vriend en toegewyde pa vir klein Nina (Le-Anche van den Berg) en boweal ’n hardwerken­de dokter – beslis ’n groot bonus vir Binneland kliniek. In die werklike lewe strek Reynardt se talente verder as toneelspel – hy is ook lid van die mansgroep Adam wat gehore landwyd met hul pop-rockmusiek vermaak.

Wat was die eerste TV-program wat jy saam met jou vriende gespeel het?

Liewe Heksie (1978). Ons het die karakters soos Liewe Heksie, Blommie Kabouter en Koning Rosekrans goed geken en kon hulle maklik uitbeeld. Liv

Wie was jou eerste TV-Liefling?

Tyler (Arwen in The Lord Of The Rings: Fellowship Of The Ring 2001), het my hart gesteel oor haar mooi sensuele lippe.

Wat het jy gedoen wanneer ’n intieme” oomblik opgeduik het terwyl julle as gesin TV gekyk het?

My ma het dadelik vir ons kinders gesê ons moet ons oë toemaak!

Watter produk het jy in ’n TV-advertensi­e of -program gesien wat jy graag wil hê?

Die BetaKit-materiaal, want dit lyk asof dit ’n doeltreffe­nde studiehulp­middel is.

Wie se klerekas op TV sou jy graag wou hê?

Howard Wolowitz (Simon Helberg) van The Big Bang Theory (2007-nou). Hy lyk altyd cool en die klere maak die karakter.

In wie se TV-huis sou jy graag wou bly?

Die Bates- gesin se huis in Bates Motel (20132017). Dis misterieus en lyk of die karakter Harry Potter ook daar kon bly.

Oor watter reeks is jy fanaties?

Die Britse weergawe van The Office (2001-2003). Ek is mal oor al die humor en kwinkslae.

Watter werk sou jy agter die skerms wou doen?

Redigering. Ek geniet dit om te sien hoe verskillen­de tonele inmekaarvl­oei en om ’n aandeel te hê aan die eindproduk.

Wat W is een van jou gunsteling-storielynk­inkels in ’n reeks?

Breaking Bad (2008-2013) waar Walter White (Bryan Cranston) sien die meisie langs Jesse (Aaron Paul) is dood. C d

Wat W is jou nagmerrie-scenario wanneer jy ’n toneel verfilm? v

Wanneer ons in Binnelande­rs se ongevalle-afdeling verfilm en Tertius moeilike mediese terme soos krikotiroï­edotomie [’n operasie om ’n pasiënt te help asemhaal] gebruik – en ek dit moet baasraak en uitspreek.

WWatter ou reeks sal jy wil oormaak?

Die Amerikaans­e sitkom s Alf (1986-1990). Ek het gehou van die storielyn s oor die vreemde wese uit die buitenste b ruim wat by ’n middelklas­Amerikaans­e A gesin beland.

As A jy enige karakter in enige reeks kon speel, wie sou dit wees en hoekom?

Howard Wolowitz (Simon Helberg) van The Big Bang Theory. Ek is gek oor sy dialoog en karakter. (

Wie W is jou TV-ouers in Binnelande­rs? l

Tertius se pa was nog nooit in die prentjie nie, n maar sy ma, Lydia Jonker, k ’n spesialis, word gespeel deur Amor Tredoux (Gesina in Feast Of The Uninvited, 2008).

Watter reeks binge-kyk jy tans?

Bates Motel, dis boeiend, raaiselagt­ig en terselfder­tyd fantasie-agtig. Die hoofkarakt­er Norma Bates (Vera Formiga) se spel is uitstekend. Ek hou ook van die kleindorpi­esindroom.

Watter reeks het jou onlangs laat huil?

Natuurlewe­reekse soos Planet Earth (2006 & 2016) en Where The Wild Men Are met Ben Fogle (2014-nou). Die episode oor die Egiptiese vrou laat my trane afvee. Ek dink die d grootsheid van die natuur betower my. JouJ gunsteling-TV-ikoon is? Die akteur en komediant Ricky Gervais (The 11 o’Clock Show, S 1998-2000). Hy’s intelligen­t en het ’n nuwe platform vir sy soort komediesty­l geskep • Lees meer op ble. 16 & 45.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa