TV Plus (Afrikaans)

Verrassing­skuiertjie

Tjattas maak Kersfees ekstra spesiaal vir Karmen.

-

Dis tyd om te vergeet van al die drama wat die afgelope paar maande in die Laan was en ’n feestelike Kersfees te geniet. En wat kan beter wees vir die kleinding

Karmen (Gabriella Linton) as om weer haar “boetie” Tjattas (Rikus Strauss) op Maandag 24 Desember te sien? “Dis Tjattas se idee om onverwags in die Laan op te daag,” sê Ingrid – en die geskenke wat hy bring laat haar net so breed glimlag as om hom te sien.

WAT LAAS GEBEUR HET

Tjattas en sy ma Hettie (Karin van der Laag) was Karmen se surrogaatf­amilie in 2017 toe sy weggooi is deur haar ontvoerder Natalie (Daniella Deysel). Natalie het Karmen gegaps om wraak te neem op haar ouers, Vanessa en

Xander (Ingrid Paulus en Theodore Jantjies), omdat sy hulle blameer vir die dood van haar pa jare gelede. Vanessa en Xander het Karmen in November 2017 teruggekry en Karmen het aanvanklik gesukkel om by haar biologiese ouers aan te pas omdat sy ’n hegte band met Hettie en Tjattas gevorm het.

Vanessa het Karmen se tydelike verwerping moeilik hanteer en wou nie hê Hettie en Tjattas moet by haar dogter kuier nie. Maar Vanessa het besef Tjattas en Hettie is nou deel van Karmen se lewe en as sy Karmen se vertroue wil wen, moet hulle by Karmen kan kuier.

SPESIAAL VIR KARMEN

Karmen is in ekstase om Tjattas op Maandag 24 Desember te sien. “En Karmen voel baie belangrik wanneer Tjattas haar bederf met ’n rits geskenke waaruit sy kan kies,” sê Ingrid.

Vanessa is dankbaar vir Tjattas wat Oukersdag vir Karmen spesiaal maak en gee vir hom ’n pakkie kruidenier­sware wat Hettie gebruik om die volgende dag vir haar en Tjattas ’n heerlike hoenderker­rie te maak.

NUWE LIEFDE?

Op Woensdag 26 Desember is Vanessa optimistie­s wanneer dit lyk of daar moontlik ’n nuwe verhouding op die horison is. “Dis tyd vir vreugde, vrede en geluk in Vanessa se lewe ná die beproewing waardeur sy die afgelope tyd is,” sê Ingrid.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa