TV Plus (Afrikaans)

Gantane Kusch

Wat gaan aan in jou gunsteling-akteur se kop?

-

Die sjarmante akteur Gantane Kusch (28) maak maklik die knieë lam met sy donkerbrui­n oë, gespierde lyf en sexy glimlag. As Dokter Siya Thuli in die sepie Suidooster (2015-nou, lees meer op bl. 12) laat hy die koppe draai in Ruiterbosc­h, maar dis sy sagte hart wat hom een van ons gunsteling­karakters op die kassie maak.

Wat was die eerste TV-program wat jy kamma-kamma saam met jou vriende gespeel het? Pokémon (1997-nou) as ek reg onthou. Dit was net toe die trefferree­ks die hoogtes ingeskiet het. Wie was jou eerste TV-liefling? Die aktrise Illse Roos (Rita in Suidooster 2015-2016), ek was dolverlief op haar. Wat het jy gedoen wanneer ’n intieme oomblik opduik terwyl julle as gesin TV gekyk het? Wat die meeste jong seuns gedoen het (of dis wat ek dink): my oë toegemaak en skaam gekry. Watter produk het jy al in ’n advertensi­e of ’n program gesien wat

jy bitter graag wou hê? As ’n volwassene ’n Mercedes Benz G63, en as kind enige koel speelding of tekkies.

Wie se TV-klerekas sal jy graag wil hê? Die spelers in die reekse Black-ish (2014-nou), Grown-ish (2018-nou), Power (2014-nou) en Empire (2015-nou). Hulle is baie stylvol en ek is veral dol oor die tekkies (sneakers) wat hulle dra.

In wie se TV-huis sou jy graag wou woon? Ek sou graag in die komediant Trevor Noah (aanbieder van The Daily Show With Trevor Noah 2015-nou) se huis van R279 miljoen in Los Angeles in Amerika wil woon.

Oor watter reeks is jy fanaties? Daar is net te veel om te noem, maar ek het onlangs Netflix se reeks A Series Of Unfortunat­e Events (2017-nou) klaar gekyk en dit was fantasties. Indien jy agter die skerms kan werk, watter werk sal jy doen en

hoekom? Die akteur binne my sal graag regie wil doen, maar Gantane die fotograaf (wat ek in my vrye tyd beoefen), sal graag die fotoredakt­eur op ’n stel van ’n reeks of sepie wil wees. Wat is jou nagmerrie-scenario wanneer jy ’n toneel verfilm? As een van die stelligte sal losraak en op iemand val en aan die brand slaan. Watter ou reeks sal jy weer wil oormaak? Die komedieree­ks Madam & Eve (2001-2005) en die dramareeks Yizo Yizo (19982004). Indien jy enige karakter in enige reeks kan speel, wie sal dit wees

en hoekom? Ek sal James (Ghost) St. Patrick (Omari Hardwick) in die reeks Power wil speel. James is ’n militante en komplekse karakter en ek dink ek sou baie met so ’n rol kan vermag. Watter reeks vraatkyk jy op die oomblik? Die animasiere­eks Archer (2009-nou). Wie is jou TV-ikoon? Die akteur Will Smith (The Fresh Prince Of Bel-Air, 1990-1996). En as jy een ding oor jou karakter wat jy tans speel, kon verander, wat sou dit wees? Sy klerekas, ek sou graag wil hê Siya moet meer tekkies en gemaklike klere dra.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa