TV Plus (Afrikaans)

Divas in benoudheid

’n Swanesang, naelkouery en tranetrekk­ers op die skerm en daaragter danksy Nashville se ontmoeting met die dood.

-

Soos dit ’n country-musiek-reeks betaam, is daar hope drama in Nashville (2012-2018, seisoene 1-5 kan op Showmax gestroom word). Die dood het oor die einde van seisoen 4 gehang – op die skerm en daaragter. ’n Maand ná die verfilming van seisoen 4 in April 2016, het ABC die reeks gekanselle­er. Die besluit was ’n skok omdat Lionsgate, Nashville se produksie-maatskappy, reeds met Marshall Herskovitz en Ed Zwick onderhande­l het om die vyfde reeks se besturende vervaardig­ers te wees. Maar Lionsgate het ander planne gehad . . . Twee weergawes van seisoen 4 se slotepisod­e is geskiet. In die een het die country-diva Juliette (Hayden Panettiere) die Oscars verruil om huis toe te gaan na haar eksman en dogter. “Ek kom by die lughawe aan, viole speel en ek hardloop in hul arms in,” onthul Hayden. In die ander weergawe word haar familie op die lughawe ingelig dat die vliegtuig ’n noodsein uitgestuur het voor dit van die radar verdwyn het. Die weergawe van die vermiste vliegtuig is vir uitsending gestuur, en terwyl die maatskappy ’n nuwe tuiste vir die reeks gesoek het, het Lionsgate getwiet: “#Nashies What a cliffhange­r! But we won’t leave you hanging. There’s more to be told. #BringBackN­ashville.” Die voorsitter van Lionsgate TV, Kevin Beggs, het gesê: “As ons nie gevoel het dit gaan gebeur nie, het ons dalk ’n ander rigting ingeslaan. Ons wil onsself nie in ’n hoek vasskryf nie, en om stories op ’n soetsappig­e manier af te sluit, is die slegste posisie waarin jy jouself kan plaas. Daar is meer stories om te vertel.” En hy was reg, die CMT- (Country Music Television) kanaal het die reeks opgeraap. Seisoen 5 begin met Juliette – soos Nashville – wat die dood vrygesprin­g het. Maar die dood sal nie ontsê word nie . . . Connie Britton, wat die country-ster Rayna James vertolk, onthul daar is “in die somer baie bespiegel of die reeks voortgaan of nie. Dit het gevoel asof ons op ’n goeie plek sal wees en die tyd was ryp om oor my vertrek te praat. Rayna moet sterf. Sy kon net sterf. Geld was nie ’n kwessie nie. Ek dink die tydsduur het iets daarmee te doen gehad. As akteurs daag ons onsself voortduren­d uit. Daar was baie redes. Sommige was persoonlik en ander was skeppend.” Marshall sê: “Connie het gevoel sy wil aanbeweeg ten opsigte van kreatiwite­it en sy was verdeeld omdat sy dol is oor die reeks. Sy was lief vir die mense en dit was soos ’n familie. Dit was nie oor geld nie, Dit was vir haar ’n skeppingsb­ehoefte, wat ek volkome verstaan en respekteer.” Dit was nie maklik om Rayna uit te skryf nie. “Ons het omtrent ’n week lank gedink hoe die karakter lewend kan vertrek, maar dit wou net nie werk nie. Rayna sou nooit kontak met haar familie verbreek nie tensy sy deur die Taliban aangehou word of vasgevang is in ’n absurde komplot wat niemand sou glo nie. Sy kon nie net op toer wees nie. Al was dit hoe hartseer en pynlik, was daar net een uitweg.” En wanneer die dood kom, is dit nie wat kykers verwag nie. “Die verrassing, die onverwagte manier waarop die dood kan voorkom, dis wat moeilik is. Iets van die onverwagsh­eid daarvan was aanloklik,” sê Connie. Episode 1 van seisoen 5 was net so dramaties met Juliette as die enigste oorlewende van die vliegtuigo­ngeluk. “Ten opsigte van drama was daar ’n klomp goed om mee te werk,” sê Marshall. “Ons het gesien hoe hierdie vrou deur sewe soorte hel gaan. Nou is sy deur die vliegongel­uk en dit sal enigiemand diep raak,” voeg Hayden by. “Die rigting wat Juliette kies het my geskok.Dit maak vir haar ’n deur oop en sy ontdek ’n deel van haarself wat nog nie ontgin is nie . . . Iets vreemds ontwaak in haar, dit is so on-Juliette.”

 ??  ?? Juliette (links) en Rayna ervaar albei gebeurteni­sse wat hul lewe verander in seisoen 5.
Juliette (links) en Rayna ervaar albei gebeurteni­sse wat hul lewe verander in seisoen 5.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa