TV Plus (Afrikaans)

Babavreugd­e

Moederskap pas Renate soos ’n handskoen.

-

Ouerskap pas die Strydersru­gbyspeler Simon Greeff (David Louw) en sy vrou, Renate (Christel van den Bergh), goed. Maar hoe lank die optelbaba, hul Roosknoppi­e, hulle s’n gaan wees, is die groot vraag.

RENATE SE DROOM

“Rosie het baie vinnig en diep in Renate se hart geklim,” sê Christel van die pasgebore kind wat sy in Desember in ’n asblik gevind het.

Renate droom nog altyd daarvan om ’n ma te wees, maar kan tot haar bittere spyt nie self kinders hê nie. Rosie voel vir haar soos ’n geskenk uit die hemel en sy en Simon raak daagliks meer versot op die lyfie.

David sê niks is vir hom belangrike­r as sy vrou se geluk nie. “Hy is bang ná die drie maande proeftydpe­rk wat hulle Rosie het, mag hulle haar nie hou nie. Dit sal Renate se hart en sy eie breek, en hy wil die seerkry voorkom deur haar te herinner om nie te geheg te raak nie.”

’N GLIPSIE

“Renate neem haar rol as ma ernstig op,” sê Christel. Wanneer Kristien (Marlee van der Merwe) iets snedigs kwytraak oor sy nou ’n ma is, staan Christel dus op teen die Stryders se beeldpoets­er.

“Kristien het nie ooghare vir baba Rosie nie. Sy dink Renate sal nie haar werk kan doen en ’n ma kan wees nie. Maar Renate gaan nie dat Kristien se negatiewe houding haar onderkry nie en haarself bewys.”

En asof Rosie Kristien se vyandighei­d kan aanvoel, het die kleinding ’n glipsie juis toe sy tydens ’n kuiertjie op Kristien se skoot sit.

VREES NEEM OOR

Maar die spanning en min slaap met die kleinding eis tog sy tol op Renate, en toe sy op ’n dag by die werk kom, besef sy Rosie is stoksielal­leen by die huis. “Die verskrikli­kste dinge gaan deur haar kop,” sê Christel.

“Sy voel soos ’n slegte ma, en begin twyfel of sy die regte mens is om na Rosie te kyk.”

Renate jaag huis toe en tot haar verligting is haar huishulp Virginia ( Vicky Kente) daar by die pienkvoet. “Renate is eintlik bly, maar sy raak paniekerig dat sy Rosie vir ewig gaan verloor.” Veral as die welsyn dalk van haar blaps uitvind.

 ??  ?? Renate en Simon kan nie genoeg van baba Rosie kry nie.
Renate en Simon kan nie genoeg van baba Rosie kry nie.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa