TV Plus (Afrikaans)

Tot siens, pastoor Ronald ’N BITTER PIL OM TE SLUK

Mrs. J se hart breek wanneer haar man toenemend agteruitga­an.

-

“Die skrif is aan die muur,” sê Theresa Sedras oor haar karakter Mrs. J se man Ronald (Ivan Abrahams) wie se alzheimers­iekte die oorhand oor hom kry. Die afgetrede pastoor herken skielik nie meer die Ruiterbosc­h-inwoners nie en kort voor lank weet hy ook nie meer Mrs. J is sy vrou nie. Dit is duidelik dinge gaan nie beter word nie en die familie moet dringend aan ’n plan dink oor wat die beste vir die verwarde Ronald is.

DIE TEKENS EN DIE PLAN

Mrs. J het geweet daar sou ’n tyd kom dat haar Ronnie nie meer die man is aan wie sy in November 2018 ewige trou beloof het nie. Maar sy het nie gedink hulle tyd saam sou so gou tot ’n einde kom nie. “Ál meer tekens dui daarop Ronald is besig om vinnig agteruit te gaan. Hy verwar sy kleinseun Siya (Gantane Kusch) met sy pa, Sizwe (nie op skerm nie), en tydens aandete verloor hy sy humeur vir die geringste ding,” vertel Theresa.

Mrs. J besef hy het bekende gesigte om hom nodig en bel Ronald se dogter Rebecca (Zenobia Kloppers) om te kom kuier. Ronald is verheug om Rebecca te sien en word dadelik rustig. Dit gee Rebecca ’n idee wat sy eers met haar seun Siya bespreek: Rebecca dink dit sal die beste vir Ronald wees as hy saam met haar teruggaan na sy tuisdorp Port Elizabeth (PE), verduideli­k Gantane. “Sy het reeds vir hom plek in ’n versorging­soord gekry. Maar hulle sal Mrs. J moet oortuig dit is ál uitweg en dit gaan nie maklik wees nie.”

’N FAMILIEVER­GADERING

Ronald fokus toenemend op Rebecca en skeep Mrs. J af, en Rebecca reël ’n familiever­gadering om in te gryp. Mrs. J is dadelik gekant teen Rebecca se idee wanneer sy dit hoor en weier om haar man weg te stuur. “Dit is vir Mrs. J moeilik om te aanvaar. Sy wil nie die werklikhei­d aanvaar nie,” sê Theresa. Maar wanneer Ronald Mrs. J later weer nie herken nie sien sy die wysheid van Rebecca se plan in. Almal probeer Mrs. J ondersteun, maar sy pak net rustig haar man se tasse vir sy reis. Al is sy uiterlik kalm, is die afskeid swaar. “Haar hart breek, maar sy kan nie nou selfsugtig wees nie. Dinge gaan net slegter vir haar geliefde man word. Tog is dit moeilik om afskeid te neem.”

DEPRESSIE EN ONDERSTEUN­ING

Met die huis skielik leeg verval Mrs. J in ’n depressie. Lee-Ann (Portia Joel), Mrs. J se jongste dogter, probeer haar moed inpraat en selfs Siya probeer Mrs. J opkikker, maar niks help nie.

Gantane sê Mrs. J is baie kosbaar vir Siya. “Al is Mrs. J nie Siya se biologiese ouma nie, beskou hy haar as sy eie ouma en daar is ’n sterk band tussen hulle. Daarom is dit vir hom belangrik om daar vir haar te wees in haar tyd van nood.”

Mrs. J probeer haar verlies verwerk deur haar huis silwerskoo­n te skrop, maar dit verjaag nie die seer nie. Dis eers wanneer haar oudste dogter,

Bridgette (Denise Newman), Mrs. J veras met ’n buskaartji­e na PE om vir Ronald te gaan kuier dat die donker wolk lig. Ná Mrs. J se kuiertjie by Ronald weet sy verseker dit was die beste besluit om hom te laat gaan en sy word gevul met rustigheid. Maar selfs die rustigheid verdryf nie die eensaamhei­d wat volg nie . . .

 ??  ?? Mrs. J en haar man Ronald sit ál meer vas.
Mrs. J en haar man Ronald sit ál meer vas.
 ??  ?? Die oomblik dat Mrs. J haar man groet. Siya en Rebecca wag in die agtergrond.
Die oomblik dat Mrs. J haar man groet. Siya en Rebecca wag in die agtergrond.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa