TV Plus (Afrikaans)

’n Vriend met voordele

Chris vra Ian om hom te help met sy Jenny- probleem.

-

Ruiterbosc­h se bouer en nutsman Chris du Plooy (Marcel van Heerden) het onlangs ’n middeljare­krisis beleef wat hom onwetend paadjies laat kruis het met die prostituut Jenny (Siobhan Hodgson). Chris het gedink hy het van haar ontslae geraak, maar wanneer Jenny en haar koppelaar Chris begin treiter, dwing dit hom om by die sluwe Ian October (Abduraghma­an Adams) aan te klop om hulp.

IS DIT ’N SLENTER?

Jenny daag pimpel en pers geslaan by Chris op en smeek vir geld sodat sy van haar pimp af kan wegkom. “Chris is eers agterdogti­g en dink sy wil hom om die bos lei,” verduideli­k Marcel, en hy moedig haar aan om polisie toe te gaan. “Maar sy weier en sê dis nie moontlik nie,” voeg hy by. Later gee hy tog vir haar geld, maar stel dit duidelik hy wil haar nooit weer in Ruiterbosc­h sien nie.

SNUF IN DIE NEUS

Chris slaak daarna ’n sug van verligting, maar dis van korte duur wanneer hy hoor Jenny is nog daar rond, besig om geld te blaas. “Hy besef Jenny het hom inderdaad ’n rat voor die oë gedraai en het geen planne om koers te kry nie,” sê Marcel.

Vererg besluit Chris hy gaan nie toelaat dat Jenny daarmee wegkom nie, en besluit om die skelm Ian, die eienaar van Suidooster-Eiendomme (SE), te vra om hom te help. “Ian sê hy gaan vir hulle ’n strik stel,” sê Marcel. Ian se slenter werk en die twee skelms vat later stert tussen die bene die pad.

’N GUNSIE

Marcel sê Chris weet Ian se hulp kom altyd teen ’n prys. En Ian druk inderdaad kort daarna op Chris se knoppie vir ’n gunsie. “Wat presies hy in ruil wil hê mag ek nie nou verklap nie,” sê Marcel. “Maar ek kan wel sê Chris begin as bouer by SE werk.” Gaan Chris broubouwer­k vir Ian doen? Ian sal seker besef ’n mens ruil nie een duiwelse probleem vir ’n ander nie.

 ??  ?? Ian (links) help vir Chris om Jenny ’n les te leer.
Ian (links) help vir Chris om Jenny ’n les te leer.
 ??  ?? ’n Beseerde Jenny kom vra Chris vir hulp.
’n Beseerde Jenny kom vra Chris vir hulp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa