TV Plus (Afrikaans)

O gits, geen geld!

Janice en Thys se huwelik is amper op die rotste weens haar spandabelr­igheid en sy verslawing aan geld.

-

Moet nooit vir Janice (Crystal-Donna Roberts) sê sy kan nie geld kry nie, want sy sal haar krullers uit haar hare ruk en jou ’n taai klap gee. “Die arme vrou wil alles hê wat haar hart begeer, maar sy sukkel om dit reg te kry,” verklap Crystal. Sy en haar onnieman, Thys (Sherman Pharo), ken mekaar al van kindsbeen af en albei het al die jare nog ’n liefde vir geld – sy om dit so gou moontlik uit te gee, en hy om geld te leen by skurke soos Wendy (Rehane Abrahams) om die familiebeu­rsie vol te hou. En nou begin hul liefde vir geld hul huwelik knak. “Dinge gaan nie beter raak nie, net erger,” voeg Crystal by.

SUKKELBEST­AAN

“Janice is ’n vrou wat nie ’n bestendige verlede het nie. Mense bevraagtek­en soms haar optrede. Sien, met die dat sy nie die beste ekonomiese verlede het nie en in die moeilike Kaapse woonbuurt Bonteheuwe­l grootgewor­d het, is geld en status vir haar belangrik,” verduideli­k Crystal.

Thys word meegvoer in haar strewe na geld en status en plaas hulle in ’n groot finansiële verknorsin­g. “Sy is nie op haar mond geval nie en Thys loop deur onder die pantoffelr­egering. Skuld en om op die swartlys geplaas te word is nie deel van haar toekoms nie, daarom moet Thys gedurig geld leen om Janice gelukkig te hou.”

Maar hulle kry swaar om die lenings terug te betaal en nou word albei deur die sluwe Wendy en haar trawante lastig geval.

GEEN SKULD

Die druk raak te erg en Janice en Thys is gedurig aan die stry. “Daar is nooit meer vrede tussen hulle nie. Die argumente hou net aan en aan,” bieg Crystal. Thys dreig selfs met ’n egskeiding, maar sy lag dit weg as lafhartigh­eid. “Sy het Thys hul lewe lank om haar pinkie gedraai, so hoekom sal sy nou skrik?” terg Crystal.

Die huweliksbo­otjie gaan nog op stormagtge waters beland, maar die twee gaan wel mettertyd met ’n duistere plan vorendag kom. “Die geldwolwe sal hul dag kry,” waarsku Crystal.

 ??  ?? Die modepop Janice en haar arme man, Thys.
Die modepop Janice en haar arme man, Thys.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa