TV Plus (Afrikaans)

Siek van die liefde

Wendy verruil haar susterlike band met Lalage vir haar affair met haar swaer Hendrik – en dis ’n pyniging.

-

Wendy (Michelle Beling) behoort dinge met Hendrik (Gérard Rudolf) te beëindig wanneer hy onthul sy vrou Lalage (Elma Postma) het ’n senu-ineenstort­ing gehad, maar dis nie moontlik nie, verduideli­k Michelle. “Wendy kan die gedagte om hom te verloor nie verduur nie. Hendrik het vir Lalage gelieg dat hy die affair beëindig het en dis nie asof Wendy nie vir haar suster omgee nie, sy is net so verlief op haar swaer dat sy eerder sal toekyk hoe Lalage ly as om Hendrik te verloor.” Sy voel baie skuldig, maar geen man het haar al so laat voel soos Hendrik nie. “Wendy is soos ’n verliefde tiener,” sê Michelle, en voeg by haar karakter is bereid om te deel as dit is wat nodig sal wees om Hendrik te behou.

DIE LIEFDE IS BLIND

Wendy probeer met Lalage vrede maak en haar help herstel, maar sy word weggestoot. “Net Hendrik is aan Wendy se kant,” sê Michelle. “Vir Wendy is dit nie ’n lawwe, oppervlakk­ige affair nie. Sy glo sy’s verlief. Wanneer hulle bymekaar is, laat Hendrik haar van oor tot oor glimlag, maar die oomblik dat hy vertrek is sy in trane, want sy weet hulle is verkeerd.” Die sielkunde van die situasie maak haar ook gedaan. Die een oomblik laat sak sy haar kop uit verleenthe­id, die volgende is sy opgewonde dat iemand vir haar lief is. “Sy was nog nie in ’n verhouding waar iemand soveel vir haar omgee nie. Die gevoelens is iets nuuts vir haar, wat dit moeilik maak om Hendrik te laat gaan,” verduideli­k Michelle. Al probeer sy haar suster in die oë kyk terwyl sy die affair wegsteek, moet Wendy dit ook verwerk dat Hendrik vir haar gesê het hy het haar lief, maar hy gaan Lalage nie verlaat nie. “Sy is verward, maar vertrou Hendrik se gevoelens is so eg soos hare,” voeg die aktrise by.

DEURMEKAAR

Hendrik is die enigste een wat voordeel trek uit die situasie en dis iets wat Wendy voorlopig aanvaar. “Sy wil nie hê hy moet gedwing word om te kies nie,” sê Michelle. “Sy het twee bekommerni­sse: Die eerste is as Hendrik van Lalage skei, sal haar suster haar vir altyd verwerp, en die tweede is dat sy haar groot liefde verloor.” Dis net ’n kwessie van tyd voor een van hulle ’n fout maak en Wendy gedwing word om iets aan een van haar nagmerries te doen. Tot dan sal rondsluip vir seks genoeg wees.

 ??  ?? Wendy sal nie afsien van Hendrik nie, al gebeur wat ook al.
Wendy sal nie afsien van Hendrik nie, al gebeur wat ook al.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa