TV Plus (Afrikaans)

Wilde safari

Drie families vind uit daar’s meer as net die wildlewe wat jou probeer doodmaak wanneer The Wild op gratis TV te sien is.

-

Toe die sepie The Wild (20112013) die eerste keer op M-Net uitgesaai is, was dit eintlik uniek. Dit is buite geskiet in Heidelberg en die akteurs en filmspan het daagliks van Johannesbu­rg af gependel. Dit is volledig in hoë definisie geskiet. En dit het netelige kwessies gepak wat meer toepaslik geraak het as wat die akteurs kon voorsien. “Dit was op ’n manier profeties oor grondkwess­ies wat sedert verlede jaar in die nuus is,” sê Nat Ramabulana (Tenda in die Vendasepie Muvhango, 1997nou). Sy karakter is die flambojant­e en hebsugtige Khumo Lebone, wat midde-in die drama is. “Die hele reeks draai om grond. Rassespann­ing was deel van die storielyn, maar die akteurs het goed oor die weg gekom. Ons het uit verskillen­de toneelspel­agtergrond­e gekom en was magies op die skerm. Vandag sit die land steeds met dieselfde rasseprobl­eme, wat baie hartseer is,” voeg Nat by.

NIE JOU LAND NIE

The Wild speel af by die vyfsterDin­aledi Game Lodge op ’n stuk grond waaroor almal baklei. Omdat al drie families op die grond aanspraak maak, het die Tladi’s, Lebones en Van Reenens nooit klaargekom nie en terwyl hulle almal by die bestuur van die lodge betrokke is, het hulle steeds hul verskille. “Die draaiboek was ongeloofli­k goed. Dit het die netelige kwessies op daardie tyd goed gebalansee­r,” sê Ian Roberts. Sy verbitterd­e karakter Karel van Reenen het die grond jare gelede toe dit onbesette grond was, aan die Lebones en Tladi’s verloor. Die eiendom het volop natuurlewe gehad met vrugbare grond, maar tot Karel se groot ergernis, het die Lebones en Tladis Dinaledi gebou. “Die lodge hoort nie op hierdie pragtige stuk bosveld nie,” sê Ian.

GRATIS . . . NET OP E.TV

Dis al sewe jaar sedert Nat The Wild verfilm het en hy is opgewonde om dit weer op e.tv te sien. “Dis so opwindend om ’n reeks te kyk wat ek gemaak het voor ek getroud is en kinders gehad het! Dis wonderlik dat die baanbreker­swerk wat ons daardie tyd gedoen het nou aan ’n groter gehoor beskikbaar is.” Ian stem saam en sê: “Dit sal interessan­t wees om te sien hoeveel jonger ek toe gelyk het. Ons het goeie werk gedoen en dis gaaf dat nuwe kykers dit nou vir die eerste keer kan beleef.”

DIE DRAMA

Asof daar nie genoeg aksie op die skerm was nie, het die span in Julie 2011 ook drama agter die skerm beleef. Die stel moes ontuim word toe ’n brand gedreig het om die eiendom en stelle te verwoes. ’n Paar akteurs, Nat ingesluit, het boonop in Oktober 2011 bedank. Hy sê dit was oor ’n ander kwessie wat ironies genoeg nou met die uitsending van The Wild op e.tv wee bewaarheid word: “Die akteurs is ingelig hulle sou nie tantieme kry vir toekomstig­e uitsending­s nie, toe loop ek. Dis heel-temal onregverdi­g.” Hy het dadelik by The Girl In The Yellow Dress by die Markteater aangesluit en in Mei 2012 is hy gekies om dr. William in die sepie Rhythm City (2007-nou) te speel.

Nog ’n terugslag het die reeks in Augustus 2012 getref toe dit gekan-

selleer is, met die uitsending van die finale episode in Maart 2013. Die verskil tussen die enorme produksiek­oste en die kykertal was die amptelike rede – dit het die huur van die lodge, verfilming in hoë definisie en vervoerkos­te ingesluit.

“Ons was platgeslaa­n toe ons ingelig is,” sê Ian. “Die laaste week se verfilming in November 2012 was aaklig. Ons het verraai en verwerp gevoel.”

PRET IN DIE BOSVELD

Ian en Nat vertel hulle het nog nie voorheen iets soos The Wild aangepak nie. “Ons was 'n familie wat na mekaar gekyk het,” sê Ian. “Ek bedoel letterlik – ons was bang vir verfilming in die bosveld omdat jy nooit weet watter onverwagte gas kan opdaag nie.” Ian sê hy was oukei met enigiets behalwe spinnekopp­e, maar Nat se probleem was glibberige­r: “Daar was soms slange op stel en ek is baie bang vir slange.”

 ??  ?? Van links is Karel, Marang en Itumeleng wat midde-in ’n stryd om grond tussen drie families is.
Van links is Karel, Marang en Itumeleng wat midde-in ’n stryd om grond tussen drie families is.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa