TV Plus (Afrikaans)

Verkeerde pad na ’n hart

Tau sal nie die boodskap kry nie: sy sakevennoo­t en eksminnare­s Ayanda stel nie so in hom belang nie.

-

Tau (Rapulana Seiphemo) ken besigheid, maar oor vroue is hy oningelig. Twintig jaar ná hy Ayanda (Samela Tyelbooi) gelos het sonder ’n tot siens-SMS dink hy daar is steeds ’n vonk tussen hulle. En hy aanvaar nie haar “nee” as ’n antwoord nie, sê Rapulana. “Die egoïstiese Tau dink: ‘Ek’s enkellopen­d, jy’s enkel – ons het ’n geskiedeni­s, so kom ons gaan aan.’ Maar dit sal nie gebeur nie.”

Ayanda het haarself twee dekades lank verkwalik omdat sy hul verhouding vernietig en Tau reguit in die arms van sy nou eksvrou Karabo (Connie Ferguson) gedryf het. Sy het nie besef hy is die probleem nie. Selfs wanneer hy te ver gaan en sy hul meningsver­skil eindig wanneer sy uit hul nuwe sakevennoo­tskap onttrek, blameer sy haarself, sê Rapulana. “Sy is woedend dat sy haar in die posisie plaas.” Maar soos ’n slegte gewoonte sal Tau terugkom . . .

BRANDENDE BRÛE

“Sy wens sy het haar instink gevolg wanneer sy in Johannesbu­rg aankom vir sake. Sy het vir haarself gesê om saam met Tau te werk kan niks goeds oplewer nie,” voeg Rapulana by. Noudat Ayanda herinner is aan die man wat Tau is, is sy gereed om haar tasse te pak en so ver moontlik weg te kom van die man wat destyds haar hart gebreek het. Maar hoe ver sal sy moet hardloop om buite bereik te wees? Ver, ver weg as Rapulana se antwoord enigsins ’n aanduiding is: “Hy gee haar ruimte om stoom af te blaas. Dan probeer hy weer. Hy is onverbidde­lik en sy slegte geskiedeni­s met vroue kom nie by hom op nie. Tau wil Ayanda nie buite sy sig laat nie.”

BLAAMSPELE­TJIE

Omdat hy gefokus is op sy besigheid en liefdeslew­e – en weens sy ego – kan Tau nie terugstaan en die volle prentjie sien nie. Hy is gemeen. Hy is gedrewe. Hy het oogklappe aan. En hy sal nooit erken die fout lê by hom nie, verduideli­k Rapulana. “Vir Tau is hy nooit die slegte ou nie. Hy het die beeld van homself dat hy perfek is en alles wat verkeerd gaan is altyd iemand anders se skuld.” Maar wat gebeur op ’n dag wanneer hy alleen in die wêreld is en daar is niemand om verantwoor­delik te hou nie behalwe homself? Let op sy gedrag in die raadsaal en die slaapkamer, die dag kom vinnig nader.

 ??  ?? Tau verkwalik hom nooit vir enigiets nie – selfs al sê Ayanda dit reguit vir hom.
Tau verkwalik hom nooit vir enigiets nie – selfs al sê Ayanda dit reguit vir hom.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa