TV Plus (Afrikaans)

Deur vuur gelouter

Bedwelm en vasgekeer om in die brand in die pondok te sterf, rys Qhabanga soos ’n feniks uit die as.

-

Nkunzi Masoja Msiza) tree uit woede en met vuur op in die twee weke ná hy uitvind hoe sy familie hom bedrieg en besteel het. En hy bereik op ’n manier sy doel om sy broer te vernietig, want Qhabanga (Siyabonga Shibe) wat verrys uit die vlamme van Nkunzi se brand, is nie meer sy broer nie; hy is ’n nuwe mens. Dit het alles begin want “Nkunzi laat jou nie net wegkom [wanneer jy hom verraai] nie. Hy maak of Qhabanga sal vergewe, maar Qhabanga is agterdogti­g daaroor.” Uiteindeli­k bedwelm Nkunzi Qhabanga, neem hom na die pondok wat hy aan die brand steek, en vermoor hom.

“Dis ’n keerpunt in Qhabanga se lewe,” sê Siyabonga. “Dis die punt wanneer Qhabanga weer gebore word. Hy oorleef wonderbaar­lik, want God wys hom die lig en sê vir hom: ‘Dis nog nie oor nie, my seun. Gaan terug en probeer goed doen in die gemeenskap.’”

DIE BRANDENDE BOS

Qhabanga het die afgelope jaar op die Kingdom Community Church-lede geteer, maar die man wat begin Februarie uit die as van sy broer se haat verrys, gaan werklik bid. “In die pondok droom Qhabanga van MaNzuza (Leleti Khumalo), wat vir hom sê God wil hê hy moet verander, hy moet hervorm. Wanneer hy wakker word, ‘besef’ hy hy’s dood. Hy sien hoe hy afkyk op sy eie liggaam. Wanneer sy gees terugkeer na sy fisieke lyf en hy by die pondok uitloop, gooi hy die boeie af. Net daar verbreek Qhabanga die bande met die berugte KwaMashu-skurk, die manipuleer­der, in homself, en hy besluit: ‘Ek gaan goed wees, deur God!’” onthul Siyabonga geesdrifti­g.

“Vuur is werklik simbolies. Dis gevaarlik, maar dit bring ook lewe. Qhabanga, die sondaar wat hy was, het verwag hy gaan hel toe. En die hel word met vuur vereenselw­ig. Maar dit verander ook ten goede. Soos die son bring dit lewe na die aarde.”

KAKKERLAKK­E & NKUNZI

Maar al glo Qhabanga die vuur het die broederska­p tussen hom en Nkunzi verbrand, is die regte lewe nie so eenvoudig soos simbole nie – nie wanneer jou broer ’n kind het by die vrou wat jy liefhet nie! “Dis ’n vernietige­r! Want Qhabanga probeer hard om nie met sy broer vereenselw­ig te word nie. Maar daar is die irriterend­e skakel! Dit sal altyd daar wees, al wil Qhabanga wegbeweeg van Nkunzi is Nkunzi daar, nes ’n knaende kakkerlak,” waarsku Siyabonga.

 ??  ?? Qhabanga sit-lê in die hoek wanneer die brand gestig word.
Qhabanga sit-lê in die hoek wanneer die brand gestig word.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa