TV Plus (Afrikaans)

Sekspes-pastoor

Pastoor Sipho, ’n wolf in skaapskler­e, berei hom voor om op sy niksvermoe­dende kudde jag te maak.

-

In Desember verlede jaar het kaMadonsel­a (Fundiswa Zwane) se eks-kêrel Sipho (Thabo Mnguni) Umbumbulu binnegekom om ’n skeuring in die kerk tussen Khan

yo (Nqobile Ndlovu) en haar pastoor-pa Phakade (Sandile Dlamini) te help heel. Deur Khanyo se kant te kies, het hy haar gehelp om beheer oor die kerk te kry en Khanyo vertrou hom ten volle wanneer Sipho in Februarie terugkeer. Ongelukkig vir haar gaan hy die vertroue misbruik in sy planne om die kerk oor te neem, soos ’n jakkals in ’n hoenderhok, en hy lek reeds sy lippe af vir die mooi kuikens in die koor. “Sy glo in Sipho en hy gaan dit gebruik om haar af te breek totdat hy met haar kan doen net wat hy wil. Sy dink hy kan haar help, maar hy sal vir haar sê sy is nie reg om ’n pastoor te wees nie. Dit sal maklik wees om haar te breek,” sê Thabo.

DODELIKE SONDES

Wanneer Sipho eers Khanyo se vertroue verpletter het, sal dit vir hom maklik wees om haar uit die nes te skop en die koor self oor te neem. Thabo noem twee gevaarteke­ns in sy karak- ter se gedrag waarna opgelet moet word: “Wanneer hy ’n vrou sien, sien hy ’n voorwerp. Hy sien iets waarmee hy kan doen wat hy wil. Die ander ding van Sipho is hy tree op asof niemand beter as hy is nie,” onthul Thabo. Hy het oorgenoeg werklike voorbeelde uit die lewe om Sipho se vuil werk te besiel. “Deur as ’n pastoor bevestig te word verkry Sipho mag deur ander mense. Sjoe, daar’s hierdie ou wat ’n groot pastoor op TV is. Om iemand soos hy te sien herinner my dat ons as gemeenskap vir hierdie mense val. Daar is pastore wat mense met Doom sproei. Hoe kan jy mense so behandel?” vra hy.

HAATLIKE VENT

Sipho is die soort ou van wie kykers hou om te haat en Thabo berei homself voor vir die aanslag. “Ek is eerlikwaar senuweeagt­ig. Dis nie die eerste keer dat ek ’n glibberige karakter speel nie. Ek was Khuboni die huurmoorde­naar in Generation­s (1994-nou) in 2011 en ek het ’n beroemde en geliefde karakter vermoor. Mense was ontstoke daaroor. Ek het selfs doodsdreig­emente gekry! Hulle het gedink dit het werklik gebeur. Dit sal die punt bereik waar hulle jou begin haat en name noem. Maar jy weet as mense jou haat doen jy die regte ding,” sê Thabo geamuseerd.

 ??  ?? Die onskuldige Khanyo is in die duister oor pastoor Sipho se planne.
Die onskuldige Khanyo is in die duister oor pastoor Sipho se planne.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa