TV Plus (Afrikaans)

Skokkende nadraai

Bash is verdagte #1 wanneer Bongi se selfdood moord word.

-

Bash (Siphiwe Mtshali) verwag ’n drukkie en ’n soen wanneer hy by sy meisie Bongi (Thembi Seete) se huis instap, maar ’n gruweltone­el begroet hom. “Hy sien Bongi wat van die plafon hang,” sê Siphiwe. “Niemand anders is daar nie en daar is geen bloed nie, daarom dink hy dit is selfdood.” Bash maak Bongi los en probeer kunsmatige asemhaling toepas, maar dis te laat. “Haar liggaam is koud en leweloos. Hy bel die ambulans om haar by te bring, maar hulle sê sy is al ure lank dood,” voeg die akteur by. Vrae maal deur Bash se kop: Hoekom? Het iets by haar partytjie gebeur wat haar tot selfdood gedryf het?

SKIELIKE DOOD

Bongi het vriende en vyande genooi na ’n partytjie by haar platemaats­kappy Red. “Sy wou almal onder een dak hê voor sy haarself die volgende oggend aan die polisie sou oorgee,” sê Thembi. Bongi wou bieg sy het ’n gesonde baba met ’n sterwende baba omgeruil. Haar vervreemde man Lungile (Meshack Mavuso) het in 2018 ’n gesonde baba gehad by sy minnares Lerato (Samukelo Ndlovu). Thembi voeg by haar karakter “wou verskoning vra dat sy Lungile en Lerato se baba met ’n sterwende kind omgeruil en hul lewe verwoes het”.

VOLKSVYAND

Die uitslag van die nadoodse verslag skok Bash wanneer hy by die polisie hoor Bongi is bedwelm en het gesterf voor ’n strik om haar nek gesit is – en hy is hul hoofverdag­te. “Hy was eerste op die toneel en sy vingerafdr­ukke is oral in die huis en op Bongi se liggaam,” verduideli­k Siphiwe. Bash se woede gedurende ondervragi­ng oor hy die verdagte is gee die polisie skietgoed “om hom as die jaloerse kêrel voor te stel. Bash het sy vriende in Januarie vertel dinge was nie lekker met Bongi nie ná sy hom gebruik het om nader aan haar vyand David (Jamie Bartlett) te kom,” sê Siphiwe. Die polisie dink hulle het hul man, al protesteer Bash. “Hy het nie ’n alibi nie en hy kan nie bewys hy het Bongi nie vermoor nie,” voeg die akteur by. In die stadium is Bash op pad tronk toe terwyl die regte moordenaar vry is om te vat wat hy hy wil hê noudat die platebaas Bongi uit die pad is . . .

 ??  ?? Bash probeer desperaat om Bongi (inlas) by te bring.
Bash probeer desperaat om Bongi (inlas) by te bring.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa