TV Plus (Afrikaans)

Musiekfoen­dies ding mee

Musiek Roulette keer terug met ’n nuwe seisoen en ’n nuwe formaat.

- Musiek Roulette Seisoen 5 Donderdae SABC2 (*192) 19:00 (begin 31 Januarie)

“’n Nuwe, opwindende realiteits­formaat en ’n eerste keer vir ’n speletjies­program. Dit is wat kykers van Musiek Roulette (2014-nou) se nuwe seisoen kan verwag,” sê

Johan Stemmet, die reeksverva­ardiger. Vyftien musiekboff­ins – pleks van drie nuwe deelnemers per episode – van regoor die land en van verskillen­de ouderdomme, gaan van die eerste episode af teen mekaar meeding. Die speletjies­program wat gegrond is op kennis- en-kans-speletjies soos Wik En Weeg, en Woeker En Wen (lees in die kassie hiernaas meer) is steeds dieselfde, maar die wengeld het ook verander. Die deelnemers speel met ’n gesamentli­ke bedrag wat elke week met R10 000 begin en almal bou saam aan die boerpot. Elke week val een deelnemer uit en ’n ander gelukkige speler kry die kans om in die boerpotron­de te speel.

WAAG EN WEN

Die reeksaanbi­eder en sangeres Nádine sê sy’s mal oor die nuwe formaat. “Ek dink dis opwindend en beter vir die deelnemers. Wanneer jy slegs in een episode deelneem kan jy gespanne raak, want jy moet konsentree­r op waar jy moet staan, waar die kameras is en jy moet onthou wie jy moet groet. En dan moet jy ook jou stempel afdruk. Maar nou kry deelnemers die geleenthei­d om vas te byt en deur te dring na die volgende episode. Die deelnemers kan nou takties raak en besluit wanneer om waaghalsig te wees en alles op die spel te plaas, of strategies te wees met antwoorde of deur net veilig te speel.”

Die formaat is verander om te keer dat die reeks stagneer. Johan sê: “Ons het besluit Musiek Roulette is die ideale platform om ’n realiteits­panningsly­n te huisves en die aanpassing het goed gewerk in die huidige formaat.”

DIE KRITERIA

As ’n Musiek Roulette-liefhebber skree jy dalk saam met die deelnemers die antwoord uit wanneer jy dit op TV kyk. Maar hoe word die liedjies gekies en hoe is die vervaardig­ers seker die deelnemers sal die antwoorde ken? Johan verduideli­k wanneer die deelnemers gekeur word, word seker gemaak hulle ken die soort liedjies en genres in die reeks. “Ons werk nie met onbekende liedjies nie sodat die deelnemers en kykers kan saamspeel. Daar sal liedjies in ’n reeks wees wat almal nie ewe goed ken nie, maar dit is waar jy ’n raaiskoot kan waag op grond van jou musiekkenn­is.”

Nádine sê haar musiekkenn­is het verbreed sedert sy in 2014 deel van die reeks geword het. “In die afgelope vyf jaar met 117 episodes van Musiek Roulette het ek baie liedjies en titels leer ken en onthou.” Daarom glo sy sy sou kon deelneem as sy moes.

“Musiek Roulette het ’n streng reël, veral wanneer dit by die laaste boerpotron­de kom. Jy moet die regte titel en kunstenaar gee van ’n liedjie, soos bv. met Cher se liedjie Believe (1998), kan jy nie sê “Cher Do You Believe” nie, dis bloot “Cher, Believe”. En ek dink met my kennis en in die nuwe formaat sal ek minstens tot halfpad in die reeks vorder,” sê Nádine laggend.

DIE KUNSTENAAR­S

Musiek Roulette is ook bekend daarvoor dat drie kunstenaar­s per episode optree. Die drie liedjies wat hulle in ’n keurspel sing word ingeskakel by die speletjies wat gespeel word. Die reeks is ook ’n platform vir minder bekende sangers om groter bekendheid te verwerf. In episode 1 (31 Januarie) gaan die wenner van The Voice seisoen 2 (2015-nou), Craig Lucas, saam met Irene-Louise van Wyk en Manuel Escorcio optree.

Kykers kan ook uitsien na optredes van bekendes soos Leah (Boer Soek ’n Vrou-aanbieder, 2008-nou) in episode 6 (7 Maart) en die Binnelande­rs-sepiester (2004-nou)

Germandt Geldenhuys wat ons ken as Louis, sing in die slotepisod­e (25 April).

 ??  ?? Nádine gaan weer op die kassie skitter in ’n nuwe seisoen van Musiek Roulette.
Nádine gaan weer op die kassie skitter in ’n nuwe seisoen van Musiek Roulette.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa