TV Plus (Afrikaans)

Bring en braai

Gryp die braaitang, meng die speserye en die marinade – The Ultimate Braai Master gaan die kole weer laat knetter.

-

Om ’n tjoppie te kan braai gaan nie genoeg wees in die sesde seisoen van The Ultimate Braai Master (2012nou) nie, sê die uitvoerend­e vervaardig­er, Peter Gird. “Het jy al probeer om ’n kaas-laagkoek oor die kole gaar te maak? Dis ’n ware uitdaging – en een waarmee ons 13 spanne van twee elk te doen gaan kry.” Altesaam 26 vars nuwe braaikenne­rs is einde 2018 by die diep kant ingegooi toe hulle plaaslik verfilm en hul vaardighed­e beproef is met vleis, brood en enigiets anders wat ’n mens op ’n rooster kan gooi. “Ons het hul grense verskuif om te sien hoe skeppend hulle kan wees,” sê Peter, en voeg by elke seisoen het ook die span getoets.

BRAAIKONIN­GS

Die sjef, aanbieder en mede- uitvoerend­e vervaardig­er, Justin Bonello, is vergesel deur sy seisoen 5-beoordelaa­rs Benny Masekwamen­g en Pete Goffe- Wood en die kontinuïte­it is betekenisv­ol vir die reeks. “Ons is mal oor hulle,” sê Peter. “As sjefs bring hulle kos-magic na Ultimate Braai Master en ons deelnemers vertrek ná hulle by profession­ele sjefs geleer het.” ’n Braaikonin­gin sal by die drie konings aansluit, al hou die span dit ’n verrassing – kyk episode 8 (24 Maart) om te sien wie dit is.

LIGGING

Seisoen 6 is oral geskiet, van Stutterhei­m in die Oos-Kaap tot Soetwater in Kaapstad, en die plek het die uitda- ging en bestanddel­e beïnvloed, verduideli­k Peter. “Om ’n spens te skep is moeilik. Ons beplan dit vooraf, want wat die logistiek betref is die reeks reusagtig.” Afgesien daarvan dat bestanddel­e gevind moes word wat vars en maklik beskikbaar is, moet die reeks ’n span van so 50 bestuur, met 26 deelnemers wat 14 tot 18 uur per dag werk, ses dae per week vir agt weke lank.

BRAAIWEER

Die reeks beplan vir ongunstige weerstoest­ande, onthul die uitvoerend­e vervaardig­er. “Ons leuse is: ‘Reën of wind of sonskyn, ons braai!’” Moeder Natuur het ons dié seisoen beproef en ’n paar vure geblus met reën of wind, maar die deelnemers het vasgebyt. “Dit was gelukkig nie soos die tropiese storm in seisoen 5 se slotepisod­e in April 2017 nie. In die sesde seisoen was dit braaibesig­heid soos gewoonlik,” voeg Peter by.

 ??  ?? Die aanbieder Justin Bonello is tuis tussen sy braaivrien­d-beoordelaa­rs Benny (links) en Pete (regs).
Die aanbieder Justin Bonello is tuis tussen sy braaivrien­d-beoordelaa­rs Benny (links) en Pete (regs).
 ??  ?? Die deelnemers het ’n bier of twee gedrink terwyl hulle gebraai het.
Die deelnemers het ’n bier of twee gedrink terwyl hulle gebraai het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa