TV Plus (Afrikaans)

Tawwe soldate

Die gewapende magte van SEAL Team neem hul sendings na gratis TV, maar dit gaan oor meer as hul vermoëns.

-

Moenie ’n fout maak nie: SEAL Team (2017-nou) het genoeg aksie, sendings onder die dekmantel en militêre tegnologie wat vertoon word om die mees geharde aksiereeks-fanatici tevrede te stel. Maar die reeks gaan nie net oor vuurwapens nie, verduideli­k die hoofspeler David Boreanaz. Sy karakter Master Chief Special Warfare Operator Jason Hayes kry te doen met smart aan twee fronte: sy egskeiding en die verlies van ’n mede-SEAL-lid in ’n geveg. “Ons het in die reeks baie aandag geskenk om die balans reg te kry. Familie is waarskynli­k belangrike­r vir die reeks as die militêre aspek. Dis ’n perd van ’n ander kleur. Dit is gerepeteer en gedoen volgens vaste riglyne. Maar om jou karakter te laat groei en ontwikkel, is die moeilike deel. Dis die deel waarop ons die meeste gefokus het.”

PERFEK UITGEVOER

Die akteurs het opleiding by werklike SEAL-soldate gekry, wat help om die fyner details reg te kry, van die manier waarop hulle hul vuurwapens vashou tot die taal en roepseine op sendings. “Dis hoe hulle dit doen wanneer hulle in die veld is,” sê David, en sy medester Max Thieriot (vlak 1-lid Clay Spenser) voeg by die reeks se SEAL-konsultant­e het met meer gehelp as om net ’n soldaat te word: “Jy praat met die ouens en jy luister na hul stories . . . dis gek. Wat hulle deurmaak om ons te beskerm is verstommen­d. Hulle doen dinge wat gewone mense nie sal kan nie. En dit eis sy tol op hulle.”

Om soldate te speel wat onnoembare dade verrig in die naam van die beskerming van hul land is een ding, maar hoe die SEALs se huislewe geraak word, was ’n openbaring. Toe hy gevra is om die reeks te beskryf het David gesê ’n fan het dit perfek opgesom toe hy dit “This Is Us (2016-nou) genoem het met vuurwapens. Die aksie is daar, maar dis om te sien hoe die gebroke soldate huis toe keer – hulle kom terug na niks. Hulle kan getroud wees, maar hulle baklei met hul vrou. Jason se eggenote is weg, met sy dogter. Sommige van hulle gaan na ’n leë huis toe. Dit is daardie balans van familiedra­ma wat nood- saaklik is vir ons reeks, broodnodig om die supermense so uit te beeld dat die kykers tuis hulle met die karakters kan vereenselw­ig.”

VEGGEREED

Die spelers is na ’n militêre oefenkamp gestuur met regte soldate om ook fisiek fiks te word. “Daar was baie beserings, maar niks te ernstig nie,” sê David glimlaggen­d. “Sommige van die jong ouens soos Max se ego het meer seergekry as enigiets anders. Ek stap aan in jare – ek’s 49. Ek sou nie kon byhou toe ek jonk was nie!” Max het geen geheim gemaak daarvan dat hy sekere oefenroeti­nes gehaat het nie, en gesê: “Ons het die hindernisr­oete so vyf keer ná mekaar gehardloop. Ek was naar – alles was seer. Niemand het my vertel ons sou soveel fisieke werk doen nie!”

 ??  ?? Bravo Team (van links): Mandy, Sonny, Jason, Ray, Lisa en Clay.
Bravo Team (van links): Mandy, Sonny, Jason, Ray, Lisa en Clay.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa