TV Plus (Afrikaans)

Platjie wat poetse bak

Albert Maritz word ’n Blou Bul-aanhanger wat ook kan sing.

-

Vir die rol van die wewenaar Frans Loots in Dwaalster moes Albert Maritz ’n boepie hê en vir die eerste keer sy vokale vermoëns ten toon stel. “Die boepie was die maklike deel. Ek moes gelukkig nie soos die aktrise Charlize Theron baie kondensmel­k drink toe sy vir haar rol in haar Oscar-bekroonde fliek Monster (2003), gewig moes aansit nie. Maar die sang was beslis ’n groot uitdaging, want ek doen myself glad nie as ’n sanger voor nie,” vertel Albert.

Dwaalster is deurspek met besonderse karakters soos Frans, sê hy en voeg by: “Dit beloof om baie vermaak-like kykstof te wees.”

Hoe sal jy jou karakter Frans beskryf?

Frans se lewe draai om sy twee uiteenlope­nde dogters Annabel (Tinarie Van Wyk Loots), ’n ondersoeke­nde joernalis wat na haar geboortedo­rp terugkeer, en Ragel Lee (Erica Wessels), ’n boetebessi­e. Dan loop hy ook rond met al die hartseer herinnerin­gs aan sy oorlede vrou. Maar Frans is eintlik ’n platjie wat met sy amper-arrogante stoutighed­e verras.

Die skrywer-regisseur-aktrise Nicola Hanekom het die karakter Frans met jou in gedagte geskryf – het dit meer druk op jou as akteur geplaas?

Nee, hoegenaamd nie. Ek hoop net van harte Nicola is gelukkig met haar belegging.

Frans is ook ’n groot Blou Bul-ondersteun­er. Is jy persoonlik ’n rugby-liefhebber?

Ek geniet rugby baie. Wel, dit is nou as ek die slag hardloopru­gby sien. Ek het voorheen die Bulle ondersteun, maar hul afrigting het my teleurgest­el. Eintlik is ek ’n Stormers-man. Ek het voorverled­e jaar spesiaal KwaZulu-Natal toe gevlieg om die Stormers in die Curriebeke­r-finaal te ondersteun.

Maar Frans het ’n goeie teenstande­r, Ivy (June van Merch), wat die Stormers ondersteun.

O, ja, hierdie twee is korrelkopp­e en hulle geniet hierdie wedywering voor die TV baie.

Jy en June loop al ’n lang pad in die bedryf.

June was in 1981 my senior toe ons drama aan die Universite­it Stellenbos­ch gestudeer het. Ons het Vrydagmidd­ae lekker gesels wanneer ons vir die ander studente gewag het om uit die klas te kom sodat die feestelikh­ede by die ou Dros kon begin. Ek het ’n snaakse staaltjie oor die aand toe ons ’n dubbelbedm­atras moes deel, maar dis ongelukkig nie vir publikasie nie.

Wat maak Dwaalster besonders vergeleke met ander dramas?

Nicola se tekste het ’n magiese element, want die inwoners van die fiktiewe dorpie Maanhaarsd­rif is behep met die sterre en die bloedmaan. ’n Musiektema word ook soos ’n goue draad deur die episodes vervleg.

Stel jy in astrologie en die sterrestel­sel belang?

Ek het Gideon Joubert se boek Die Groot Gedagte (1997), wat handel oor die ontstaan van die heelal fassineren­d gevind. Ek sal graag eendag ’n dokumentêr­e rolprent oor hierdie onderwerp wil maak, wat goed vir internasio­nale platforms kan werk.

In watter reekse of fliek is jy vanjaar te sien?

Ek speel die eienaar van ’n radiostasi­e in die reeks NoupadFM wat tans op die aanlyn TV-kanaal ROEPTV uitgesaai word. Ek vertolk ook die rol van die sakereus Derick Malan in die nuwe dramareeks Alles Malan, wat op Dinsdag 9 April op kykNET begin, en daar’s ’n internasio­nale reeks en ’n rolprent of twee wat nog nie als bevestig is nie.

 ??  ?? Frans (Albert Maritz) pronk graag in sy Blou Bul-uitrusting wanneer hy rugby kyk.
Frans (Albert Maritz) pronk graag in sy Blou Bul-uitrusting wanneer hy rugby kyk.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa