The Voice US
Seisoen 15 M-Net (*101) 19:00 Realiteit
Die country-musiekster Blake Shelton was dikwels die beoordeelaarstem van rede in die talentreeks The Voice US (2011-nou), en om die oudste van die paneel te wees pas die 42-jarige soos ’n handskoen. “Die reeks is soveel pret, want ons sien 16-jariges hier wat liedjies sing wat ek nie nou sou kon sing nie. Maar ek het ondervinding van die bedryf wat ek kan deel. So dit is gee en neem en dis lekker.”
1 Hy maak al 38 jaar lank musiek ná sy oom hom as vierjarige knapie begin leer sing en kitaarspeel het. Dit het agt jaar geduur om sy eerste lied op te neem toe hy as 17-jarige na Nashville verhuis het “want ek het goor geklink”, sê Blake.
2 Hy steur hom nie aan sjampoevoorskrifte nie, want hy het ’n eie haarsorgroetine, wat hy in 2017 onthul het ná hy gekies is as People Magazine’s Sexiest Man Alive: ’n mengsel van eier en tamatiesous wat hy 5 minute aanlos voor hy dit afspoel.
3 Blake was nie altyd so aantreklik 3 nie – hy het ’n mullet gehad en skewe tande en ’n bril gedra.
4 Die sanger bestuur ’n ranch in Oklahoma, waar hy ’n kroeg, Ole Red, asook vee en pluimvee het. Dis ook waar hy sy gunsteling-troeteldier in 2003 begrawe het – sy kalkoen, Turkey.
5 Hy en die sangeres Gwen Stefani (’n Voicemedeafrigter van seisoene 7 tot 12) gaan van 2016 af uit. Blake sê sy het sy sang help verbeter en hom wyn leer waardeer.
6 Hy erken om vodka op TV te drink in 2015 as ’n heildronk op die sanger Miranda Lambert wat besig was om te skei, was taktloos. • Lees meer oor The Voice SA op bl. 33.