TV Plus (Afrikaans)

Armand Kook Kaal

Seisoen 1 VIA (*147) 17:30 Leefstyl

-

Die akteur Armand Aucamp, wat onder meer in trefferree­kse soos Die Boekklub (2016 & 2017) te sien was, se talente strek verder as toneelspee­l – hy is ook ’n kranige kok. Armand het vyf jaar gelede ’n ketogenies­e dieet begin volg. Die dieet bevat ’n hoë vet-, genoegsame proteïen- en lae koolhidraa­tinhoud. “Die kookgogga het gebyt, want ek het self sulke resepte begin prakseer,” vertel hy. Armand se kookboek, Armand Kook Kaal, is onlangs gepublisee­r en hy het ’n gelyknamig­e kookprogra­m waarin hy sy geregte demonstree­r.

Het jy self besluit om jou kookboek Armand

Kook Kaal in ’n TV-reeks te omskep? Die idee was altyd in my agterkop, maar die kanaal VIA het my voorgespri­ng met die voorstel. Die konsep Armand Kook Kaal beteken nie ek kook sonder klere aan nie, maar is ’n sinspeling op die Britse sjef Jamie Oliver se bynaam The Naked Chef. My geregte is net soos Jamie s’n onopgesmuk en gesond. Hoe het julle te werk gegaan om al die resepte in die boek te reduseer? Ek en die produksies­pan het op die formaat besluit en ek het die resepte gesif en vir die TV-kamera ontwikkel. Ek het in elke episode ’n bekende gas genooi om saam te kook en te kuier en die resepte volgens die gas se voorkeure gekies. Was dit ’n groot uitdaging om net jouself voor die kamera te wees? Geweldig. Dis senutergen­d om nie ’n teks as ’n vangnet te hê nie en op jou persoonlik­heid en woorde staat te maak, maar dis ook lekker om die regte Armand met kykers te kan deel. En sal groentjie-kokke by jou reeks baat vind? Natuurlik, dis juis die punt. Die resepte is maklik, geurig en kan meesal blitsvinni­g gemaak word. Ek sê altyd as jy kan lees, kan jy kook ook!

 ??  ?? Jamie Oliver (inlas).
Jamie Oliver (inlas).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa