TV Plus (Afrikaans)

Die Radio Raps Show

Seisoen 2 VIA (*147) 20:00 Realiteit

-

Lag die naweek tegemoet met die nuwe seisoen van Die Radio Raps Show (2018-nou) wat in Februarie op VIA begin. Rikus de Beer, ook bekend as Jonathan (sy verhoognaa­m) is terug en gaan weer lekker spot met bekendes, wysheid by die kleinspan kry en dorpe besoek. Rikus sê in die seisoen gaan hy meer aktief in die gemeenskap betrokke wees wanneer hy sy dorpsdraai­e maak. “En natuurlik meer gekskeer met die gaste in die reeks.” Watter onderhoud met ’n bekende moet kykers die seisoen nie misloop nie? Ons is nog besig om die laaste episodes op te neem, maar sover is my onderhoud met die sanger Roan Ash ’n moetkyk (episode-inligting nie beskikbaar nie). Jonathan trek Roan se siel uit, maar dis alles groot pret. Agter die skerms het ek Roan om verskoning gevra want die arme man het baie skaam gekry. In die reeks gee Jonathan raad, soms op ’n kras manier. Maar wat is die beste advies wat Rikus al gekry het? Wees nederig en onthou waar jy vandaan kom. Wees eerder ’n sout-van- die-aarde-mens as iemand wat sy eie beuel blaas. Watter dorp in ons land is jou gunsteling?

Ek het nie ’n spesifieke gunsteling nie, maar ek is mal oor die platteland omdat ek op ’n plaas tussen Klerksdorp en Potchefstr­oom in Noordwes grootgewor­d het. Jy was in Januarie in Peru. Was dit vir vakansie? As ambassadeu­r vir die motorbande-maatskappy BF Goodrich is ek genooi om die 2019-Dakar-tydren by te woon waar ek promosiema­teriaal vir hulle verfilm het. Dit was die beste ervaring van my lewe.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa