TV Plus (Afrikaans)

Grey’s Anatomy

Seisoen 15 M-Net (*101) 19:00 Drama

-

Ons beleef al 15 seisoene lank mediese chaos, soetsappig­e liefdestor­ies en skokkende sterftes in die dramareeks Grey’s Anatomy (2005-nou) maar dit beteken nie selfs die grootste fan weet als van die reeks af nie. Maar ons doen.

1 Die buitekant van die Grey-Sloan Memorial Hospital is die KOMOTV-netwerk se gebou in Seattle, Washington. Die binnetonel­e word by die VA Sepulveda Care Center in LA geskiet.

2 Ellen Pompeo (Meredith Grey) het haar hoofrol in Grey’s gekry toe sy ’n oudisie gedoen het vir die onvervaard­igde riller Secret Service en sy eerder vir Grey’s gekies is.

3 Kate Walsh (Addison) sou net in drie episodes speel maar was so gewild by kykers dat sy vir 59 episodes gebly het voor sy die reeks in 2012 verlaat het.

4 Grey’s sou in Chicago afspeel maar die skepper Shonda Rhimes het dit na Seattle verskuif om dit van die mediese drama ER (1996-2009) te onderskei.

5 Sarah Drew (April) het begin kraam met haar dogter Hannah vier uur ná die verfilming van April se kraamtonee­l in 2014.

6 Die lewensorga­ne wat tydens operasies ontbloot word, is van koeie, hoenders, varke en soms silikoon.

7 Katherine Heigl (Izzie tot 2010) het Denny (Jeffrey Dean Morgan) se sterftonee­l in 2009 aanhoudend bederf omdat sy regtig gehuil het. “Dit was so hartseer. My grimering het gesmeer en ek kon nie ophou toe hulle sê ‘cut’ nie,” sê sy.

 ??  ?? Dr. Meredith Grey red al 15 seisoene lank lewens.
Dr. Meredith Grey red al 15 seisoene lank lewens.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa