TV Plus (Afrikaans)

THE LOST BOYS

-

Die vampier-fliek van 1987 The Lost Boys het die jawoord gekry as ’n reeks wat twee rampspoedi­ge vervolgree­kse in 2008 en 2010, The Lost Boys: The Tribe en The Lost Boys: The Thirst, opvolg. Kiefer Sutherland sal na verwagting nie sy rol as die motorfiets­bende se leier David Powers hervat nie, maar Corey Feldman sal weer sy skoene as die vampiermoo­rdenaar Edgar Frog volstaan. Die uitvoerend­e vervaardig­er Rob Thomas (iZombie, 2015-nou) het reeds sewe seisoene vir die reeks beplan, met elke episode wat afspeel oor ’n dekade van bonatuurli­ke gruwels op die kusdorp Santa Clara, wat in die 1960’s begin en tot 2030 deurloop. Die reeks sal die oorspronkl­ike intriges van die fliek volg oor twee broers wat deur die vampierboe­wewêreld aangetrek word nadat hulle met hul weduweema na Santa Clara getrek het, onbewus van die moeilikhei­d waarin hulle hulle bevind.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa