TV Plus (Afrikaans)

Hou iets anders as jou gunsteling­reeks jou snags wakker? Ons is hier om jou TV-probleme op te los.

-

Wat het met NCIS op SABC3 gebeur? Dit is in tvplus geadvertee­r, maar nie uitgesaai nie. – Petro, Facebook Volgens die skedule sou agent Gibbs (Mark Harmon) en sy span in seisoen 14 van die aksiereeks NCIS (2003-nou) vanaf Woendag 2 Januarie uitgesaai word, maar toe was daar internasio­nale krieket en die reeks is vir die res van Januarie opgeskort. Op die ou end was dit goeie nuus vir die kanaal, want al het hulle verskeie skeduledok­umente met NCIS in die 21:30-tydgleuf uitgestuur, het hulle nooit die bande vir die seisoen ontvang nie. Dit sou ’n probleem wees as die krieket nie uitgesaai is nie en skedulever­anderings gemaak moes word. Dit kan vanweë ’n paar redes wees – vertraging­s met die aflewering weens probleme met die pos, haakplekke met die kontrak of selfs probleme met betaling aan die verspreide­r – die kanaal het nie gesê wat presies gebeur het nie, wanneer hulle verwag om die bande te kry en of die reeks op SABC3 uitgesaai gaan word, want dit word gewoonlik op SABC2 uitgesaai. – Lucia (red.)

• Jy kan ook jou tergende vrae SMS na 35982 of stuur vir my ’n e-pos na lucia@media24.com

 ??  ?? Gibbs en sy NCIS-span word vermis in aksie op SABC3 se skerms.
Gibbs en sy NCIS-span word vermis in aksie op SABC3 se skerms.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa