TV Plus (Afrikaans)

Bedien die sondaars

Die Devious Maids behoort die regte vuilgoed uit te neem: hul wrede, gemene base wat net ellende veroorsaak!

-

Dis duidelik die maids gaan nooit daardie weelderige Beverly Hillshereh­uise silwerskoo­n kry in die oordrewe dramedie Devious Maids (20132016, seisoene 1- 4 is op Showmax, met seisoen 4 wat Maandag 18 Februarie op e.tv begin – sien bl. 51). Hul skatryk madams hou aan mors! Maar dit is deel van die kykpret. Wie kan dit weerstaan om ’n hand met ’n morele wit handskoen oor die glimmende suksesvoll­e superrykes te vee en ons neuse op te trek vir al die smerigheid wat aan hulle kleef?

VUIL MOND

Niemand in die reeks is so wonderlik afstootlik ryk soos die ongelukkig getroude Powells nie: vlak, selfsugtig­e Evelyn (Rebecca Wisocky) en haar wrede, wellustige man Adrian (Tom Irwin). Die reeks begin met die bloedige moord op hul eerste bediende, en dit onthul Adrian se smerige geheim: die prostitusi­e-netwerk wat hy vanuit sy herehuis bestuur, waar hy sy dronk vriende se seksplesie­rtjies vir sy persoonlik­e genot (en sonder hul toestemmin­g) opneem. Evelyn is bekommerd die bloedvlekk­e sal nooit sonder ’n bediende uit die matte en meubels kom nie, maar sy kan net sowel haar man ook saam met die gevlekte huisraad uitgooi. Die Powells is sulke groot pret want die meeste van hul bose planne is daarop gerig om mekaar die loef af te steek. En Evelyn is amptelik Die Ergste. Dis die moeite werd om te kyk vir haar vuil mond alleen.

In seisoen 2 episode 1 beskryf sy ’n onbevredig­ende vakansie in Rio soos volg: “Die armoede was ondenkbaar. Die strate was vol bedelaars en verflenter­de kinders. Elke keer as ons by die hotelvenst­er uitkyk, is ons met die werklikhei­d van menslike lyding gekonfront­eer. Ons het uiteindeli­k die concierge geroep en ’n kamer gekry wat op die swembad uitkyk. Soveel lekkerder.”

SWAK AKTRISE

Die patologies selfsugtig­e aktrise Peri Westmore (Mariana Klaveno) het ’n tragiese verlede maar dit keer haar nie om ellende te versprei sover sy gaan nie. Sy is so onaangenaa­m om voor te werk dat ons (in seisoen 1 episode 2) uitvind haar bediendes het haar ’n “bitch” in vyf verskillen­de tale genoem voor hulle bedank het. Maar sy het ook genotvolle flitse van ondeundhei­d – soos wanneer sy (in seisoen 2 episode 20) onthul sy koop elke keer dat haar man, Spence (Grant Show) haar teleurstel duur klere op sy rekening. In seisoen 2 episode 2 erken Peri sy het oor ’n swangerska­p gelieg om Spence en hul bediende Rosie (Dania Ramirez) uitmekaar te hou. En in die slotepisod­e van seisoen 3 kom Peri ingedartel en lewer die beste toneelspel van haar lewe (sy’s steeds verskrikli­k) wanneer Spence geheueverl­ies het en sy hom oortuig hulle is steeds getroud en sy nuwe vrou, Rosie, is net hul kind se oppasser.

GAAF EN ’N GENOT

Evelyn en Peri is vergulde boosheid, maar die verstrooid­e, elegante, bekoorlike Genevieve

Delatour (Susan Lucci) is uitputtend. Die fortuinsoe­kster Genevieve kondig aan (in seisoen 1 episode 12): “Ek verstaan nie hoekom feministe so baie kla nie. Dis pret om ’n seksvoorwe­rp te wees.” En sy sal niks ontsien nie, maak nie saak hoe absurd nie, om te kry wat sy wil hê. Sy vertel selfs haar werklik blinde date sy’s net 39 jaar oud. Haar lankmoedig­e bediende Zoila (Judy Reyes) het haar deur elke hartseer, dwaasheid en hersteltyd ná een van haar eindelose plastiese chirurgie-operasies ondersteun. In seisoen 2 episode 9 vra sy Zoila of sy enige arm vriende het wat ’n nier aan haar sal verkoop. “Arm mense het organe. Ryk mense het dit nodig. Hoekom staan die regering in die pad van die kleinsakem­an,” kla sy wanneer sy hoor dis taboe. Genevieve het geen perke nie. Maar weet jy wat sy wel het? Juweliersw­are selfs om in te slaap! Sy is ’n genot.

 ??  ?? Die Maids (van links) is Marisol, Valentina, Zoila, Rosie and Carmen.
Die Maids (van links) is Marisol, Valentina, Zoila, Rosie and Carmen.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa