TV Plus (Afrikaans)

Liefde in die Laan

Paartjies ding mee in ’n Valentynsd­agkompetis­ie, en Charmaine en Jacob se vriendskap verdiep.

-

Die Laan is in rep en roer vir die groot Valentynsd­agkompetis­ie. Die mededingin­g is straf met al die paartjies wat deelneem. Maar die een “paartjie” wat almal verras omdat hulle eintlik net vriende is, is Charmaine en Jacob (Vinette Ebrahim en Patrick Shai). Hulle is deesdae gereeld in mekaar se geselskap en dit lyk asof hulle mekaar dalk beter ken as net vriendskap­lik . . .

’N GEHEGTE VRIENDSKAP

Patrick sê Charmaine en Jacob neem net vir die pret deel. “Hulle wil wys vriendskap is soms groter as liefde, en ek meen vriendskap is ’n goeie grondslag vir die liefde.” Tot almal se verbasing vaar Charmaine en Jacob baie goed in albei rondes en waar van die paartjies na die regte antwoorde hap, blyk dit die twee ken mekaar baie goed. “Charmaine beteken baie vir Jacob,” sê Patrick. “Sy is eerlik, eg en betroubaar. Wie sal nou nie tyd saam met haar wil deurbring nie?”

MEER AS NET VRIENDE?

Charmaine en Jacob se vriendskap verdiep ná die kompetisie en die twee bieg by mekaar oor hul vorige liefdes. Charmaine het in Januarie verklap sy en haar ekskêrel

Mike (James Borthwick) is al langer as ses maande uitmekaar, en Jacob vertel Charmaine hy het nog nie weer ’n vaste nooi gekry ná sy vrou jare gelede oorlede is nie. Patrick sê enigiets kan gebeur wanneer dit kom by ’n moontlike romanse tussen Charmaine en Jacob. “Hulle gee baie om vir mekaar, maar dit kan hul vriendskap versuur (as dit nie uitwerk nie).”

 ??  ?? Charmaine (inlas) en Jacob geniet mekaar se geselskap baie.
Charmaine (inlas) en Jacob geniet mekaar se geselskap baie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa