TV Plus (Afrikaans)

WAT LAAS GEBEUR HET

-

Dit spook by Diederik dat hy nie weet hoe hy die MI-virus opgedoen het nie. In terugflits­e in Januarie het ons gesien hoe Diederik by verskeie vroue geslaap het toe hy in Mei 2018 aan dwelms verslaaf was. “Dit kon die oorsaak wees,” sê Hennie. “Maar dit kon ook weens ’n besmette dwelmnaald wees.”

Hoe dit presies gebeur het, gaan Diedie nie uitvind nie – iets wat dikwels in die werklike lewe by lyers die geval is. “Diederik het nog nie vrede in sy hart nie, maar ek glo dit sal mettertyd kom. Om MIV-positief te wees is nie ’n doodsvonni­s nie. Dis ’n siekte waarmee jy kan saamleef, nes mense wat aan diabetes ly. As jy gesond lewe, en elke dag jou medikasie drink, is daar geen rede waarom jy nie ’n lang en betekenisv­olle lewe kan hê nie.”

 ??  ?? Diederik het ’n paniekaanv­al gekry toe hy destyds dwelms gebruik het.
Diederik het ’n paniekaanv­al gekry toe hy destyds dwelms gebruik het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa