TV Plus (Afrikaans)

Liefdespro­bleme

Dinge raak krapperig tussen Tim en Danni.

-

Tim en Danni (Marco Spaumer en Vashti Prins) se liefdesboo­tjie lek en as hulle nie vinnig iets doen om die gat toe te stop nie, gaan hul verhouding sink. Eers is Tim venynig oor een van Danni se vriendinne wat getroud is, wat Danni laat wonder of hy ooit met haar sal trou. En dan ontwikkel daar ’n flirtasie tussen Tim en Izette (Shana Mans), sy nuwe kollega by Suidooster-Eiendomme.

TIM MOET VAN BETER WEET

Danni is oorbluf deur Tim se reaksie op die troue, sê Vashti. “Sy weet Tim se voormalige verloofde, Nicci (Gerwen Simon), het Tim [in September 2016] voor die kansel gelos. Maar Danni voel sy is nie Nicci nie en Tim behoort dit te weet.”

Die paartjie praat later reguit daaroor, maar dis duidelik Tim gaan nie sommer sy siening oor die huwelik [dat hy nie wil trou nie] verander nie. Vashti sê Tim voel sy liefde vir Danni is sterk genoeg om te wys hy is tot haar verbind. “En hy het nie ’n stukkie papier nodig om dit te bewys nie,” voeg sy by. Maar is dit goed genoeg vir Danni?

LEEF VERBY MEKAAR

Tim besef sy bekentenis het Danni seergemaak en hy probeer Valentynsd­ag vir haar ekstra spesiaal maak en reël ’n romantiese piekniek vir hom en Danni voor werk, sê Marco. “Maar Danni se baas

Ian (Abduraghma­an Adams) laat weet skielik sy moet dringend werk toe kom en Danni loop die piekniek mis.”

MEER AS VRIENDE?

Die kloof tussen Danni en Tim verdiep en Tim kom nie eens agter hy begin meer tyd saam met Izette bestee as saam met sy geliefde nie. “Daar is beslis ’n vonk tussen hom en sy nuwe kollega, maar dis meer ’n ligte flirtasie as enigiets anders,” sê Marco oor Tim se vriendskap met Izette.

Maar is daar regtig so iets soos ’n platoniese vriendskap tussen ’n man en ’n vrou as daar reeds vonke in die lug is?

Kort voor lank baklei Tim en Danni omdat Danni ál meer voel sy sit langs die kantlyn – al is sy blind vir wat tussen Tim en Izelle aan die gebeur is. Dit blyk dis net ’n kwessie van tyd voor die liefdesboo­tjie op die bodem beland.

 ??  ?? Danni en Tim se verhouding word beproef.
Danni en Tim se verhouding word beproef.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa