TV Plus (Afrikaans)

Gevaarlike poppie

Wendy het ’n dodelike houvas op die inwoners van Arendsvlei.

-

Jy mors nie met Wendy (Rehane Abrahams) nie, want jy sal sleg tweede kom. Sy is die mafiabaas van Arendsvlei en regeer die gemeenskap met ’n ysterhand. Wendy leen geld aan mense wat nie die terugbetal­ings kan bekostig nie, en sy verkwansel dwelms aan die wat dit soek. “En as mense haar nie terugbetaa­l nie, stuur sy haar boelie-handlanger

Emile [Christian Bennet] om mense die skrik op die lyf te jaag,” vertel Rehane.

David (Oscar Peterse) het dit op die harde manier geleer toe hy verlede jaar vermoor is omdat hy nie sy skuld kon vereffen nie, en nou moet sy vrou, Beatrice (Jolene Martin), hoes en betaal. En Wendy weet net hoe om dit reg te kry: “Sy gaan haarself inwurm in Beatrice en haar gesin en hul lewe so ongemaklik moontlik maak.”

DOOD EN VERRAAD

“David se moordenaar is nog nie gevind nie en mense fluister Wendy het iets daarmee te doen,” bieg Rehane, “en om die kollig van haar as verdagte te ver- wyder kondig sy aan sy gaan vir David se grafsteen betaal.” Dit is egter deel van Wendy plan om Beatrice en haar gesin se lewe verder deurmekaar te krap. Sy laat die woorde “Geliefde pa en vriend” op die grafsteen aanbring wat sy weet Beatrice ongelukkig gaan maak. “Dit sê niks van eggenoot of man nie, iets wat Beatrice vreeslik onstel want sy besef Wendy het steeds ’n greep op die familie,” verduideli­k Rehane.

DODELIKE GEHEIME

Om haar houvas te versterk, flankeer sy met David se pa, Ruiter (Peter Butler). “So kan sy uitvind wat in die familie aangaan. Hy is ook ’n ryk man en Wendy is agter die geld aan om David se skuld af te betaal.” Maar dis dalk net ’n kwessie van tyd voor die bordjies verhang word, skimp Rehane, want Wendy het self ’n paar geheime. “Haar regte naam is Ingrid van Schalkwyk en sy het ’n duistere verlede.” Tans weet niemand nog presies wat sy wegsteek nie, maar geheime het ’n manier om uit te kom “en sy vrees daardie dag”. Dalk is Beatrice die een wat haar ontmasker en so David se dood wreek.

 ??  ?? Ruiter konkel met Wendy hoe om die Cupido-gesin verder om te krap.
Ruiter konkel met Wendy hoe om die Cupido-gesin verder om te krap.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa