25 – 26 FEBRUARIE
Kim is omgekrap wanneer sy vir Vernon en Claudia saam sien, Wendy vind iets uit oor Ruiter, en Beatrice kry nuus oor David se testament. Intussen verras Johnny Aunty Gertie. Dinge begin lelik raak tussen Thys en Janice weens hul geldelike verknorsing, en omdat hy so baie tyd saam met Ronel bestee. Nicolene en Anton het ’n groot uitval.