TV Plus (Afrikaans)

Ongemaklik­e weersiens

Elana se verhouding vang Franz onkant.

-

Nes dr. Elana Bester (Ilne Nienaber) se verhouding met dr. Steve Abrahams (Clint Brink) op dreef kom, duik ’n komplikasi­e op: Die man op wie sy verlede jaar in Maart ’n ogie gehad het, dr. Franz Basson (Dawid Minnaar), kom uit Kanada na Gauteng om ’n paar lesings te kom gee. “Elana is onkant gevang oor Franz se voorgenome besoek, want sy is nou in ’n vaste verhouding. Maar sy besluit om die een of ander rede om nie dadelik vir Franz van hierdie nuwe romantiese verwikkeli­nge in haar lewe te vertel nie,” sê Ilne.

WERK KOM EERSTE

Soos gewoonlik kom Franz se werk eerste, al het hy ook ’n sagte plekkie vir Elana, sê Dawid. “Dit is nie sy eerste prioriteit om Elana te sien nie, maar hy het wel gehoop sy sal soos laas welkome afleiding wees. Hulle kom immers goed klaar en kan ure lank oor die nuutste ontwikkeli­ngs in chirurgie gesels,” sê Dawid. “Elana het vir hom ’n vertroueli­ng geword en hy kon selfs openhartig met haar praat oor sy verbrokkel­ende huwelik.”

Hy het hul vriendskap geniet al is hy ’n getroude man. Maar sy huwelik met Bea (Elma Postma) is al geruime tyd op die rotse en hy begin Elana nou in ’n ander lig sien. Hy is daarom verras om uit te vind daar is ’n spesiale iemand in haar lewe. “Franz is oorbluf en effens geskok omdat sy tydens hul Skype-gesprekke niks van Steve gesê het nie,” sê Dawid.

Steve is onbewus van Elana se onderligge­nde verliefdhe­id op Franz. Hy weet wel Elana dink hy is ’n uitstekend­e dokter en wil graag by hom leer, daarom nooi Steve Franz vir ete om hom aan te moedig om Elana onder sy vlerk te neem. “Franz sien eintlik op na die ete maar Steve dring daarop aan – en benadruk hoe baie Franz se teenwoordi­gheid vir Elana sal beteken.” Franz bieg later by Steve hy en Bea gaan skei, maar Steve besef nog nie sy belange word dalk bedreig nie.

Franz vra Elana die dag ná die ete uit oor hoe ernstig sy en Steve is. “Elana erken dit is baie ernstig en verseker hom hoe gelukkig sy is,” vertel Ilne.

Maar dit is ook duidelik Elana het steeds nie haar heldeverer­ing vir Franz afgeskud nie . . .

NUWE VENNOOTSKA­P

Voor Elana haar oë uitvee is daar nog verwikkeli­ngs: Steve vra vir Franz om hand by te sit met een van sy operasies. “Elana voel uitgesluit en selfs ’n bietjie jaloers,” vertel Ilne. “Sy wil nog baie by Franz leer en voel hierdie geleenthei­d word haar nou ontneem.”

Hoewel Franz soms hardvogtig oor-kom, is hy nie onsensitie­f vir Elana se gevoelens nie en hy vra haar om hom met sy volgende operasie te assisteer. “Elana is kinderlik opgewonde,” vertel Ilne.

Steve is glad nie jaloers nie en moedig haar aan om saam met Franz te werk, tot sy eksmeisie Annelize (Cindy Swanepoel) ’n saadjie van agterdog plant wanneer sy oor Franz en Elana se “verlede” praat. Dis die eerste wat Steve daarvan hoor, want Elana het nog nooit ’n woord daaroor gerep nie. Gaan jaloesie die oorhand kry? Of gaan Franz dalk terug Kanada toe met ’n nuwe vrou aan sy sy? • Lees meer op bl. 45.

 ??  ?? Steve vra Franz se hulp met ’n operasie.
Steve vra Franz se hulp met ’n operasie.
 ??  ?? Franz maak kontak met Elana uit Kanada.
Franz maak kontak met Elana uit Kanada.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa