TV Plus (Afrikaans)

Misdaadlew­e

Oor Njeza se dooie liggaam sal sy sibbe op straat honger ly en nie skool toe gaan nie.

-

Njeza (Nkanyiso Makhanya) is ’n vry man en die oudgevange­ne sal daarvan hou as dit so bly. Maar sy nuwe baas, MaNgcobo (Dawn Thandeka King), hou daarvan om wild te leef en in die volgende twee weke is dit nie net tronktrali­es wat dreig nie, maar ook die verskrikki­ng van haar man,

Nkunzi (Masoja Msiza), se woede wanneer MaNgcobo Njeza stuur om iets uit sy kar in die polisiesku­t te gaan gaps. “Njeza ken Nkunzi. Hy’t die stories gehoor van wat Nkunzi voorheen aan mense gedoen het. En om na die polisiesta­sie te gaan! Hy moet nog elke maand sy parooldoku­mente gaan onderteken en elke keer dat hy by die polisiesta­sie inloop, neem dit hom terug na wanneer hy in hegtenis geneem is vir die moord op sy pa. Hy is bang maar MaNgcobo verseker hom alles is in orde, hy moet net sy opdrag uitvoer,” sê Nkanyiso. Haar woorde is nie al wat Njeza dapper maak nie – hy sal enigiets doen vir sy ouerlose sibbe na wie hy deesdae omsien. Hy het hul pa wat hulle mishandel het vir hulle vermoor, en nou sal hy vir hulle lewe.

’N LEWE VAN MISDAAD

“Hy weet hy gaan weens sy kriminele rekord baie sukkel om ’n goeie werk te kry sodat hy vir sy gesin kan sorg. Hy wil nie hê sy broer en sy suster moet swaarkry solank hy lewe nie. Hy wil sy gesin ’n skoolopvoe­ding gee sodat hulle kan werk en ’n beter toekoms hê. MaNgcobo maak ’n aanbod aan Njeza: ‘Ek weet jou sibbe het nie ’n blyplek nie. Ek sal jou hierdie huis gee as jy instem om my vuilwerk vir my te doen,’” verduideli­k Nkanyiso. En benewens die dak oor sy kop, sal Njeza ’n effense kans hê om sy droomloopb­aan te volg. “Hy wou eintlik ’n motorwerkt­uigkundige gewees het, soos sy pa, wat hom geleer het om met karre te werk. Nou gebruik hy die vaardighed­e wat sy pa hom in misdaad geleer het,” sê die akteur.

DIE WARE LIEFDE

Hoewel Njeza baie opoffer vir sy gesin, sal sy jonger suster, Nonka (Thuthuka Mthembu), ook haar deel bydra deur hom te help om die skaduwee van die tronktrali­es en hul gesinstrag­edie af te skud. “Sy verstaan wat Njeza gedoen het. Hy is nog kwaad en bitter, maar sy woede en bitterheid laat hom ál meer soos sy pa optree. Nonka probeer hom dus uit daardie patroon kry. Njeza begryp nie Nonka probeer hom uit daardie siklus kry nie, dus gaan hulle af en toe baklei, maar hulle is regtig baie lief vir mekaar,” sê Nkanyiso.

 ??  ?? Njeza wil net hê Nonka moet op skool bly.
Njeza wil net hê Nonka moet op skool bly.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa