TV Plus (Afrikaans)

18 – 22 FEBRUARIE

-

Die Kingdom Community Church is geensins gereed om op te gee nie ondanks die finansiële verknorsin­g waarin hy hom bevind, en Mrs. Madlala bied aan om die nuwe jeugleier te wees. Sibonelo wil sy belofte aan sy ma nakom, en Gabisile is ingenome wanneer sy sien Sibonelo en Qhabanga word vriende. Sibonelo sukkel met die feit dat Gabisile se keuses hom sy pa Nkunzi se liefde gekos het terwyl hy kind was, en MaNgcobo moet fyntrap in haar nuwe besigheid met Njeza. Njeza stem in om ’n reinigings­eremonie en ’n vergifnis-ritueel te ondergaan maar die proses gaan uitdagende­r wees as wat hy verwag. Lily trek aandag by die polisiesta­sie, en Zekhethelo soek Nkunzi se kar en ontwyk Sbu.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa