TV Plus (Afrikaans)

Vat ’n pak soos ’n man

Alfred sal eerder sy huwelik in gevaar stel as om sy ego te krenk en hy vertel sy vrou hy het as visehoof bedank.

-

Alfred (Putla Sehlapelo) het agtergekom om skoolhoof Thobakgale (Elizabeth Serunye) verlede jaar te verraai en haar afgedank te kry het gevolge wat hy nie kan dra nie. Pleks van om ’n man te wees en sy straf te aanvaar verlaat hy sy pos by die Hoërskool Turfloop, want dis die enigste ding wat hy kan doen, verduideli­k Putla: “Dis ’n toksiese werkomgewi­ng. Die skoolhoof, wat haar werk teruggekry het, het hom meer werk gegee, maar sy het ook ’n sielkundig­e aanval geloods – sy het uit die hoogte met hom gepraat en hom oorwerk en onseker gelaat.” As haar ondergeski­kte het Alfred dit nie gewaag om uit sy beurt te praat nie en so sy gewese beste vriendin rede gegee om hom af te dank. Daarom is hy met sy stert tussen die bene daar weg om sy beeld te red. Maar Alfred steek sy geheim dat hy bedank het vir sy vrou Celia (Shoki Sebotsane) weg, wat “’n reuse-probleem gaan wees,” waarsku die akteur.

AFREKEN

Om te bedank was moeilik vir Alfred. “Hy kon nie konsentree­r om sy werk klaar te maak nie, want hy moes alles drie keer nagaan om te verseker dit voldoen aan die skoolhoof se standaarde, en dan het sy iets nuuts gekry waaroor sy op hom kon skree,” sê Putla. Sy wou wraak neem ná sy uitvind Alfred het haar verraai met die hulp van mnr. Langa (Phillip Molepo). “Hulle het die skoolhoof na die skuldige laat lyk wat van die skoolfonds gesteel het. Alfred se wêreld het ineengesto­rt,” verduideli­k Putla.

VEG TERUG

Alfred se kinders vertel vir hul werkende ma hy bly bedags tuis en gaan nie skool toe nie. “Wanneer Celia hom in ’n hoek dryf, moet hy met die waarheid uitkom,” sê die akteur. Maar pleks van woede kry Alfred ’n simpatieke oor en Celia probeer hom oorreed om sy ou werk terug te vra. Vir haar gaan dit meer oor die gesin as sy onsekerhed­e. “Sy het vrese oor hul uitgawes noudat Alfred nie werk nie. As hoof van die huis is dit sy plig om vir hulle te sorg. Boonop verdien Celia nie soveel nie,” sê Putla. Maar Alfred wil nie hoor nie. “Hy het nog nooit so vry gevoel nie. Hy is moeg daarvoor om rondgestoo­t te word en sal nie dat dit weer gebeur nie – nie eens deur sy vrou nie,” verduideli­k die akteur. En hy gaan nie die res van sy lewe ’n sofapokkel bly nie. “Alfred weet nie presies wat hy volgende gaan doen nie. Hy het so lank skoolgehou, maar iets sal opduik. Hy is net verlig hy is nie langer in ’n kantoor saam met die beheersugt­ige skoolhoof nie,” sê Putla. Sal Celia die geduld – of geld – hê om kop bo water te hou tot Alfred homself gevind het? Waarskynli­k nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa