Snap die grap
Imbewu waag dit op ’n gebied wat baie sepies huiwer om te betree – die dodelik ernstige wêreld van skerpskertsery.
Imbewu doen wat die meeste ander sepies en dramareekse vermy: komedie. Die storielyn moes verskillende soorte humor aanraak soos die briljante soort wat almal laat lag, die aaklige soort wat tot ongemaklike stiltes lei, en die humor wat snaaks begin en gemeen eindig. Ons het die hoofskrywer Carrie Doherty en Raphael Griffiths, wat die klub se promotor Zithulele speel, gevra hoe hulle die komende epiese storie vertel het van Emsamo se komedieaande . . .
KOMIESE SAMEWERKING
Die skerpskerts-draaiboeke was ’n gesamentlike poging tussen die gereelde skrywers en skerpskertsers. “Ons grootste kwelling was om komedie te skryf omdat skrywers nie noodwendig komediante is nie. Nie een van ons het gedink ons is regtig snaaks nie,” sê Carrie. “Ons was mal daaroor om plaaslike talent te gebruik en die oudisies was histeries! Ná die skrywers met die draaiboeke klaar was, het ons aan die komediante verduidelik wat ons wil hê sodat hulle presies geweet het watter rol hulle speel. Met die draaiboek as riglyn kon die komediante vrylik eksperimenteer totdat die toneel reg gevoel het. As dit gewerk het, het dit gebly. Ek dink ons het ’n goeie mengsel van die komediante se eie vindingrykheid en die draaiboek gekry.”
WOORDE EN MUSIEK
Vertolking is alles in komedie – dis die verskil tussen die woorde van die grap ken en mense laat lag wanneer jy dit vertel. “Gewoonlik kry die akteurs hul draaiboek en hulle volg dit soos dit is. Dis taamlik gegiet. Ons het hier groter vryheid toegelaat omdat goeie humor dikwels spontaan kom,” sê Carrie. Die proses het die komediante en akteurs toegelaat om met ’n presiese aanvoeling vir tyd en die taal te werk omdat “jy nie regstreeks uit een taal in ’n ander kan vertaal nie,” erken Carrie. “’n Boodskap raak dikwels in die vertaling verlore maar ons het hard gewerk om eerder die betekenis oor te dra pleks van ’n regstreekse vertaling te doen.”
POUSE VIR GESKATER
Die akteurs het hul eie kwellings gehad. “Ek hou van skerpskertsery en het gewonder of dit geloofwaardig gaan wees,” sê Raphael. “Van watter soort komedie sal die kykers hou? Intelligente komedie of iets generies?” Watter komediant gaan hulle kry en hoe gaan ek die rol as Zithulele speel? Gaan ek neutraal wees as geleentheidspromotor of sal ek ook ’n komedie-element hê? Toe ek hoor wie die hoofkomediant was, het my kwellings verdwyn. Ek het gedink: “Oukei, hy is ’n vriend saam met wie ek voorheen gewerk het. Ek het geweet ons is in goeie en komiese hande.”