TV Plus (Afrikaans)

Skei van die drama

James verruil sy baasspeler­ige vrou vir iemand wat hom vir ’n veranderin­g die man van die huis sal laat wees.

-

’n Jaar van geboelie, beheer en misbruik deur sy vrou is genoeg vir James (Dingaan Mokebe) en hy sê vir Moliehi ( Vatiswa Ndara) dis verby tussen hulle. “Laat ons eerlik wees,” verduideli­k Dingaan saaklik, “hul huwelik verlede jaar in die sepie se 18 maande tydsprong was nie een van liefde nie, maar gerief. Dit was net ’n sakebeslui­t.” Hy voeg by James en Moliehi het dieselfde genadelose besigheids­kop wat hulle na aan mekaar laat voel, want hulle het mekaar in die raadsaal aangevul. Maar James is siek en sat vir Moli wat die huis met ’n ysterhand geregeer het. “Hy’s keelvol dat sy hom voorsê wat om te doen,” sê Dingaan, wie se karakter uit die bloute skeidokume­nte uitpluk. “Moli wil altyd in beheer wees, ook van dinge wat sy nie verstaan nie. Sy’s nie reg vir hom nie.” Maar iemand is.

’N VET GEMORS

James het die skeiding al ’n ruk gelede beplan en voel dit staan hom vry om weer te date met of sonder ’n amptelike egskeiding. En hy het sy lam gekies: Moliehi se onskuldige persoonlik­e assistent Marang (Sharon Seno), wat met James se sakevyand KK (Macdonald Ndou) uitgaan. “Hy kan sy toekoms saam met haar sien, nie saam met Moliehi nie,” sê Dingaan. “Hy’s nie bang vir KK nie. Dat sy met KK uitgaan maak dit soeter vir James.”

Vatiswa sê haar karakter is woedend wanneer sy sien hoe James in die openbaar met haar PA flirt. “Hoe kan hy dit doen wanneer hulle nog getroud is?” Om te sien hoe sku Marang is dat ’n grootnaam sakeman by haar aanlê laat ’n lig vir Moli aangaan – haar plan B.

BEHEERMONS­TER

Die vurige en veglustige Moliehi word ’n kruipende swakkeling wat James smeek om te heroorweeg en ’n oplossing te vind. “Weg is die vrou wat verlede jaar ’n vuurwapen rondgeswaa­i het toe probleme van haar verlede terugkeer,” sê Vatiswa. “Sy dink as sy James ’n sagter kant wys sal hy nie skei nie,” maar al sê Dingaan dis verby want James glo nie Moli se skielike ommeswaai nie, is Moli nog nie klaar nie. As plan C insluit om Marang seer te maak om haar uit Moli se pad te kry, “sal dit so wees”, sê Vatiswa.

 ??  ?? James kies die oomblik om vir Moliehi te sê hy verlaat haar.
James kies die oomblik om vir Moliehi te sê hy verlaat haar.
 ??  ?? James stel net in Marang belang.
James stel net in Marang belang.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa